• Login
  • Search Icon

Mielieprys kan hoogte inskiet

30 Sep 2011
Die mielieprys kan oor ’n paar maande die hoogte inskiet tot meer as R3000 per ton as ’n voorspelde tekort Suid- Afrika gaan noop om mielies in te voer en die rand swak bly teenoor die Amerikaanse dollar. Mnr. Willem Engelbrecht, hoofbestuurder van die saadmaatskappy Pioneer Hi-Bred RSA, het op ’n boeredag van sy maatskappy in Middelburg (Mpumalanga) gesê die Nasionale Oesskattingskomitee se syfers is weer verkeerd. Die vorige oestyd het die komitee die mielie-oes se grootte vir lank te hoog geskat en dit later verlaag, maar sy skatting is steeds 1 miljoen ton te hoog. Die oeste in die oostelike asook die westelike produksiegebiede is laer as wat hulle dink.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielieprys-kan-hoogte-inskiet