• Login
  • Search Icon

Mans glo gewerf vir Lindley-plaasmoorde

06 May 2011
Drie plaaswerkers van mnr. Attie Potgieter van die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik het drie ander mans gewerf om hulle te help om die vermoorde Potgieter-gesin te beroof, beweer die staat in sy akte van beskuldiging wat binnekort aan die ses in die Vrystaatse hooggeregshof gestel gaan word. Di? moorde op die Potgieter-gesin waarin ook hul tweejarige dogtertjie, Willemien, met ’n kopwond dood gelaat is, het landwyd opslae gemaak. Die ses beskuldigdes het gister die eerste keer in die Hooggeregshof voor regter G.F. Wright verskyn om seker te maak dat hulle regsverteenwoordiging het wanneer hulle op 16 Mei verhoor word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mans-glo-gewerf-vir-lindley-plaasmoorde