• Login
  • Search Icon

Kry diesel goedkoper in Junie

24 May 2011
Ekonome verwag dat die dieselprys volgende maand met tot 43c per liter kan daal en petrol met 9c per liter. Di? welkome daling volg nadat brandstofpryse die afgelope maande die hoogte in geskiet het. Mnr. Tony Twine, ’n senior ekonoom van die Econometrix-groep, sê die daling is grootliks die gevolg van die huidige laer internasionale olieprys, wat in April tot 5 per vat gehaal het. Die olieprys het die afgelope maand tussen 0 en 6 beweeg, terwyl die rand-dollar-wisselkoers “oral oor beweeg het”, vertel Twine. “Die rand het hoofsaaklik tussen R6,80 en R7,00 teenoor die dollar beweeg, hoewel dit aan die begin van die maand R6,60 was en Maandag (23 Mei) R7,12 bereik het.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kry-diesel-goedkoper-junie