• Login
  • Search Icon

Jack Russells sit diewe ore aan

06 Sep 2011
DIT was nie bonkige boerboele of vlugvoetige windhonde nie, maar twee Jack Russells “met die harte van leeus” wat ’n inbreker op ’n plaas in die Clocolan-distrik s? gekarnuffel het dat die bloed, hare en skoene gewaai het. Vasti, die reun, en sy tefie, Shasti, het die booswig s? gebyt dat hy die hasepad gekies het sonder om ’n enkele ding te steel. Inteendeel, die dief is met minder daar weg as waarmee hy gekom het. ’n Skoen het tussen die bloed en hare in die sitkamer agtergebly.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Jack-Russells-sit-diewe-ore-aan-20110905