• Login
  • Search Icon

GSA: “Koring-oes kleiner as verwag”

09 Jan 2012
Die Nasionale Oesskattingskomitee se voorspellings vir di? seisoen se koring-oes gaan nie realiseer nie, meen Graan SA. Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter, sê weens die droogte en laat re?n in veral die Oos-Vrystaat verwag hy dat die oes tussen 1,5 miljoen ton en 1,6 miljoen ton sal wees teenoor die skatting van rondom 1,9 miljoen ton. Die land sal moontlik tussen 1,4 miljoen ton en 1,5 miljoen ton koring moet invoer. “Die droogte en die baie laat re?n het ’n groot impak op opbrengste en die gehalte van die opbrengste gehad. Boere in veral die Oos en Wes-Vrystaat sê hulle oeste is nie so goed soos verwag nie,” verduidelik Theron.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/gsa-koring-oes-kleiner-verwag