• Login
  • Search Icon

Grondverdeling onrealisties

28 Jul 2011
Die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, kon nie eens ’n stoel op ho?rskool maak nie, maar nou wil hy beheer oor myne hê wat 5 km onder die grond is. S? het mnr. Moeletsi Mbeki, politieke ontleder en broer van oudpres. Thabo Mbeki, Dinsdagaand geskerts by ’n bespreking van sy nuwe boek, Advocates for Change. Mbeki het geen doekies omgedraai nie en die Suid-Afrikaanse regering onder pres. Jacob Zuma goed die kop gewas omdat hulle die land se ekonomie stuur in ’n verbruikerskultuur – een van verorbering, pleks daarvan dat ons ons eie produkte vervaardig.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Grondverdeling-onrealisties-20110728