• Login
  • Search Icon

Grondhervorming: Harde werk wag

24 Jan 2012
’n Jaar van harde werk lê voor vir die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming om daadwerklike pogings aan te wend om die land se grondchaos op te los. Die groenskrif oor grondhervorming is een van die belangrikste kwessies wat die landbou in die land raak. Dit gaan vanjaar na die Parlement. Die konsultasieproses is in Desember verlede jaar voltooi, hoewel daar nog op ’n paar geskrewe bydraes gewag word. Volgens sy strategiese plan poog die departement om die witskrif vir grondhervorming teen Mei vanjaar goedgekeur te hê. Op die jaarlikse lekgotla van die Parlement in Bela-Bela is daar opnuut gekyk na die Regering se voorrangsake wat landelike ontwikkeling en grondhervorming, onderwys, veiligheid, gesondheid en werkskepping insluit.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grondhervorming-harde-werk-wag