• Login
  • Search Icon

Grond aan gemeenskappe oorhandig

07 Jul 2011
Die plaas Brakfontein naby Groblersdal in Mpumalanga is Woensdag (6 Julie) aan twee plaaslike gemeenskappe oorhandig nadat hulle in 1961 van die grond verwyder is. Luidens ’n berig op The New Age se webtuiste het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervoming en Landelike Ontwikkeling, die grond aan die Mampuru- en Bakwena Ba Kopa-gemeenskap toegeken. Altesame 625 huishoudings sal voordeel uit di? plaas van 1 068 ha groot trek. Die meeste van di? huishoudings behoort tot die Mampuru-gemeenskap. “Di? lys sluit 392 huishoudings in waar vroue die hoof van die huis is,” aldus mnr. Eddie Mohoebi, woordvoerder vir die departement.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/grond-aan-gemeenskappe-oorhandig