• Login
  • Search Icon

Geld was motief van Potgieter-aanval

27 May 2011
Om geld te buit was die motief vir die plaasaanval op die Potgieter-gesin van Lindley, blyk uit ’n verklaring van een van die vermeende moordenaars wat gister in die Vrystaatse hooggeregshof voor regter G.F. Wright ingedien is. Drie van mnr. Attie Potgieter se plaaswerkers het saam vooraf beplan hoe om geld in ’n kluis in die opstal op die plaas Tweefontein in die hande te kry, lui die verklaring van een van hulle, mnr. Vusi Khumalo, wat hy n? die aanval voor ’n landdros afgelê het. Een het gesê daar is geld in die kluis. “Ons het gevra hoe seker is hy dat daar ’n kluis is. Hy het gesê omrede die baas ons altyd geld bly leen. As ons geld vra, gaan hy nie dorp toe nie. Hy haal die geld uit die kluis uit.”

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Geld-was-motief-van-Potgieter-aanval-20110526