• Login
  • Search Icon

Ergste koue eers verby

27 Jun 2011
Inwoners van die streek kan ’n sug van verligting slaak. Die uiterse koue front wat die hele provinsie vir drie dae in ’n bibber-greep beetgehad het en vermoedelik selfs die lewe van ’n man ge?is het, is vir eers verby. Mnr. Tonie Rossouw van die Bloemfontein-weerkantoor sê die verskriklike koue is nou verby en normale winterweer en gepaardgaande temperature sal die week voorkom. “Daar word nie vir die volgende week weer s? erge koue front voorspel nie.” Rossouw sê hoewel die weer van die naweek uiters koud was, was dit ook nie ongewoon nie. “Koue fronte is deel van die winter en in ons streek het ons al vantevore ook sulke fronte en selfs nog kouer weersomstandighede ervaar.”

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ergste-koue-eers-verby-20110626