• Login
  • Search Icon

BRICS-lande teken nuwe ooreenkoms

01 Nov 2011
’n Tweede ooreenkoms oor voedselsekerheid is onlangs deur landbouministers van die vyf BRICS-lande onderteken. Di? lande is Suid-Afrika, Brasili?, Rusland, Indi? en China. Luidens ’n verklaring is die stap verlede week gedoen op ’n vergadering wat in China gehou is. Me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het die vergadering bygewoon waar die deelnemende lande moes aandui hoe hulle met die eerste onderneming vorder. Die eerste ooreenkoms, die Moscow-onderneming, is verlede jaar onderteken.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/brics-lande-teken-nuwe-ooreenkoms