• Login
  • Search Icon

Boere vies vir min. Tina

22 Feb 2012
STELLENBOSCH. – As landbouleiers by Agri SA se beleidskongres vanoggend oop kaarte speel, kan me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, ’n baie kritiese ontvangs te wagte wees weens haar verbreekte ondernemings en ontoeganklikheid. Sy sal die kongres vanoggend oor landboukwessies toespreek. Mnr. Trevor Manuel, minister in die presidensie, en prof. Mohammad Karaan, lid van die Na?sionale Beplanningskommissie, moes gister heelwat klagtes oor die departement van landbou se ontoeganklikheid aanhoor toe hulle kongresgangers oor uitdagings in die landbou uitgevra het.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-vies-vir-min-Tina-20120221