• Login
  • Search Icon

Boere van Suid-VS het hulp nodig

07 Sep 2011
ALTESAAM 13000 ha weiveld is verlede week in ’n verwoestende veldbrand in die Edenburg-distrik afgebrand. ’n Verdere 303 ooie is dood, 67600m grensheining en 159900m kampheining het heeltemal afgebrand. Die getalle is gister deur die Vrystaatse departement van landbou bekend gemaak. Di? enorme veldbrand het Donderdag tussen Jagersfontein en Edenburg begin, dit het plase tot by Edenburg verwoes, oor die N1 gespring en plase tot in die Reddersburg-distrik het gebrand. Dr. Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL) sê hoewel die hoeveelheid hektaar wat afgebrand het heelwat minder is as wat daar aanvanklik gevrees is, bly die veldbrand steeds ’n enorme ramp. N? die brand is daar gevrees dat tot 100000 ha afgebrand het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-van-Suid-VS-het-hulp-nodig-20110906