• Login
  • Search Icon

Agri SA sê pyne kom met eise voor 1913

13 May 2011
Nog groter probleme wag met die grondeiseproses as die regering di? proses sou heropen en eise vir die verlies van grond voor 1913 toelaat, meen Agri SA. Di? organisasie het in ’n verklaring gesê hy het met kommer kennis geneem van berigte oor die moontlike heropening van die grondeiseproses. Enersyds was daar voor 1913 geen diskriminerende wetgewing oor grondbesit nie en andersyds het baie grond in swart-teen-swart-konflik eienaarskap verander. “Tradisionele stamme sou dus teen mekaar eise kon instel en die Khoisan sou die hele land kon eis. Die koste vir die belastingbetaler van so ’n proses sal miljarde rande beloop en groot regsonsekerheid tot gevolg hê.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Agri-SA-se-pyne-kom-met-eise-voor-1913-20110512