• Login
  • Search Icon

“Vertroetel boere,” sê Mulder

07 Mar 2011
Die land se boere behoort deur die Regering vertroetel en nie onderdruk te word nie, sê dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye. Luidens ’n verklaring het Mulder die afgelope naweek die Outeniqua-landbouskou op George met di? boodskap geopen: “Suid-Afrikaanse kommersi?le boere behoort nie onder druk geplaas te word sodat hulle voel hulle word weggejaag nie.” Hy het glo gereageer op die Georgi?-regering se aanbod om plaaslike boere daarheen te lok. Mulder het spesifiek na die groenskrif oor grond, die nuwe arbeidswette en die nuwe wet op verblyfsekerheid verwys wat ingrypende gevolge vir die landbousektor kan hê.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vertroetel-boere-s-mulder