• Login
  • Search Icon

'Keur swart boere eers'

26 Jul 2011
Voornemende swart boere moet eers aan bepaalde kriteria voldoen voordat hulle op plase gevestig word. Sulke boere moet ook eers ’n proeftydperk deurmaak voordat die grond aan hulle toegeken word, sê die Landbank in ’n studie wat di? bank onderneem het na die omstandighede van opkomende boere wat deur die bank gefinansier is. Daar word in die verslag verskeie beleidsveranderings aan die bank voorgestel om die struikelblokke in die pad van die suksesvolle vestiging van opkomende boere uit die weg te ruim.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Keur-swart-boere-eers-vra-Landbank-20110723