|

‘n Rekordgetal besoekers en uitstallers, ondersteun deur ideale weersomstandighede, het daarvoor gesorg dat die afgelope NAMPO Oesdag die grootste in 44 jaar was. Graan SA, organiseerder van dié jaarlikse toonvenster van landbou, het sy tevredenheid uitgespreek met die meer eweredige verspreiding van die nagenoeg 68 900 besoekers oor die vier dae. Vanjaar se bywoningsyfer het die vorige rekord wat in 2005 behaal is, verbygesteek.
“In ‘n tydstip waar hoë graanvoorrade en lae kommoditeitspryse ‘n realiteit is, is ons opgewonde daaroor dat die Oesdag vir produsente ‘n platform skep vir inligting, advies en oplossings. Dit is meer as ‘n uitstappie saam met die gesin: dit is ‘n sakebesoek wat groot waarde het,” het Jub Jubelius, NAMPO Oesdag-voorsitter, gesê.
Die 650 uitstallers het daarin geslaag om die wêreld van landbou doeltreffend aan besoekers te demonstreer met ‘n vars blik op die jongste in tegnologie, diens en innovasie. Fokus op die veefaktor is beklemtoon deur ‘n rekordgetal veeras-uitstallers. Positiewe terugvoer is ook ontvang vanaf uitstallers ten opsigte van die hoeveelheid navrae wat ontvang is en besigheid wat gedoen is.
In pas met ‘n groeiende belangstelling deur internasionale uitstallers, het meer as 40 uitstallers van die VSA, Argentinië en Australië aan die Oesdag deelgeneem. ‘n Samewerkingsooreenkoms is ook tydens die Oesdag met Expoagro – ‘n opelug landboutentoonstelling wat jaarliks in Argentinië plaasvind – onderteken. Die ooreenkoms het die bevordering van beide skoue ten doel en om langtermyn verhoudinge te skep, wat die nodige ondersteuning en buitelandse verteenwoordiging meebring. Dit volg op ‘n evaluasie deur Expoagro van prestige internasionale tentoonstellings waarmee hulle betrekkinge wil opbou. Suid-Afrikaanse produsente sal baat vind by die jongste tegnologie wat sodoende deur die NAMPO Oesdag aan hulle gebring word.
Die dagprogram het uit ‘n groot- en kleinveevertoning, ‘n interessante damesprogram, 4x4-hindernisbaan en die bekende boerepatentekompetisie bestaan. Lede van Graan SA kon weer hul eie parkeerterrein en toegang gebruik en vanjaar vir die eerste keer eksklusiewe ledevoordele by sekere uitstallers ontvang.
Die datums van aanstaande jaar se Oesdag is 17 - 20 Mei 2011.
28 Mei 2010
BOTHAVILLE
NAVRAE:
Johan Loxton
Bestuurder: Kommersiële Dienste
056 515 2145
navrae@grainsa.co.za
www.nampo.co.za
NAMPO Harvest Day scores winning goal in 2010
A record number of visitors and exhibitors, coupled with ideal weather conditions, set the scene for the past NAMPO Harvest Day to stand out as the biggest in 44 years.
Grain SA, organiser of this annual showcase of agriculture, expressed their satisfaction regarding the more even distribution of the 68 900 visitors over four days. The 2010 attendance showed an all time high and exceeded the previous record that was set in 2005.
“In a time where surplus grain stocks and low commodity prices are a reality, we are excited about the fact that the Harvest Day created a platform for information, advice and solutions to producers. It is not only a family outing; it is valuable business trip indeed,” Jub Jubelius, Harvest Day chairman said.
The 650 exhibitors rose to the occasion by effectively offering visitors a fresh view on the latest technology, service and innovation. The record number of livestock exhibitors reflected the increased focus on the livestock factor. Exhibitors furthermore gave positive feedback on the number of enquiries received and business conducted during this year’s Harvest Day.
In line with a growing interest shown by international exhibitors, more than 40 exhibitors from the USA, Argentina and Australia participated in the Harvest Day. A co-operation agreement was also signed during the Harvest Day with Expoagro – an annual four-day open field agricultural exhibition held in Argentina. The agreement aims to promote each other’s shows and to forge a long-term relationship that will offer the necessary support and establish representation abroad. This follows an evaluation done by Expoagro of prestige international exhibitions with a view to building new relationships. This would be especially beneficial to South African producers as the NAMPO Harvest Day will be able to introduce the latest technology to them.
The daily programme consisted of livestock displays, an interesting ladies programme, a 4 x 4 obstacle course and the well-known farmer patent competition. Members of Grain SA could once again utilise their own parking area and entrance, and for the first time received exclusive member’s benefits at selected exhibitors.
The dates for next year’s Harvest Day are 17 – 20 May 2011.
28 May 2010
BOTHAVILLE
ENQUIRIES:
Johan Loxton
Manager: Commercial Services
056 515 2145
navrae@grainsa.co.za
www.nampo.co.za
|