• Login
  • Search Icon

Markinligting dra by tot doeltreffende vryemark

May 2010

Graan SA se webblad het uit produsente se behoefte na graanmarkinligting ontwikkel en word deesdae op ‘n daaglikse basis deur produsente, beleidmakers, die graan- en oliesaadbedrywe en ander rolspelers soos finansiele en navorsingsinstellings gebruik.

Die inligting wat deur produsente daargestel is, is vir elke markdeelnemer vrylik beskikbaar soos dit in ‘n goed funksionerende vryemark hoort. ‘n Mededingende vryemark wat doeltreffend funksioneer is die beste wyse waarop beperkte hulpbronne in produksie omskep kan word tot produkte wat die verbruiker wil koop. Produkte word onder vryemark omstandighede teen die laagste koste geproduseer en dra dus tot groter voedselsekuriteit by.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%202010_Markinfo.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: May 2010

Section: Wenartikels

Search