• Login
  • Search Icon

Kwaliteit van agrochemiese middels in die 2012/2013-seisoen

September 2014

ELBÉ HUGO, MARLENE VAN DER WALT en JEANETTA DU TOIT, LNR-Instituut vir Graangewasse

‘n Lys van spesifieke agrochemiese middels is in samewerking met lede van Graan SA tydens die 2012/2013-plantseisoen saamgestel om sodoende die aktiewe bestand dele se inhoud van die betrokke produkte te laat toets.

Alle formulerings word getoets na gelang van die spesifieke inligting wat op die etiket van 'n produk verskyn. Genomineerde produkte se aktiewe bestanddele mag nie sekere limiete oorskry nie.

Hierdie standaardlimiete word internasionaal bepaal en deur geakkrediteerde laboratoriums as korrek aanvaar. 24 produkte van nege verskillende maatskappye is gekies, waarvan slegs twaalf produkte van vyf maatskappye uiteindelik ingedien en getoets is.

Agrochemiese maatskappye kan ook self geakkrediteerde laboratoriums van hulle keuse benoem, waar die monsterneming en analises van die betrokke middels gedoen kan word deur opgeleide persone. Die twee laboratoriums waarby die toetse gedoen is, was onderskeidelik die SABS-Pharmachem en Pesticide Analytical Technology.

18 aktiewe bestanddele van tien produkte het binne die toelaatbare standaardlimiete geval en binne spesifikasies getoets, drie aktiewe bestanddele het egter buite die limiete van die spesifikasies geval (sien Tabel 1 van aktiewe bestanddele).

image

Die betrokke maatskappye, Graan SA en CropLife SA, is skriftelik ingelig oor die afwykings en beide maatskappye is besig met opvolgwerk en toetse om die produkte se formulering reg te stel. Die sukses van hierdie moniteringsprojek hang grootliks af van die samewerking van agrochemiese maatskappye en produsente wat deur hulle lidmaatskap by Graan SA, alle agrochemiese middels (onkruiddoders, insekdoders, swamdoders en nematiciede) kan nomineer.

Publication: September 2014

Section: Focus on

Search