• Login
  • Search Icon

Geldmarkrisiko’s dryf oliesaadmarkte

July 2011

– 20 Junie 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Oliesaad- en graanpryse het in die week tot 17 Junie skerp gedaal, nie weens fundamentele markfaktore nie, maar eerder deur beleggers wat die skrik op die lyf gejaag word deur die toenemende probleme in Griekeland en ander Europese lande. Hier is staatskuld besig om “ondiensbaar” te raak en daar is ‘n toenemende risiko vir die euro monetere eenheid asook die bankstelsel in Europa om swaar getref te word as Europese lande se staatseffekte met 40% tot 50% in waarde daal.

Afgesien hiervan, is die VSA se staatskuld ook onder verdenking waar kredietgraderingsagentskappe ook die VSA staatseffekte se kredietgradering verlaag het.  Dit is welbekend dat buite-beleggers groot oop posisies in oliesaad- en graantermynmarkte in die VSA het.

Die skrik vir die staatskuldstelsel het beleggers laat begin om markposisies te ontruim om hul blootstelling te beperk vir ‘n moontlike groot skok in finansiele markte. Ten spyte daarvan dat alle oliesaadprodukpryse tans nog baie hoer is as ‘n jaar gelede (sien Tabel 1), het pryse in die week tot 17 Junie 2011 met tussen 2% tot 6% gedaal. Aandelemarkpryse het ook internasionaal en in Suid-Afrika heelwat gedaal. Hoe lank die onsekerheid in die wereld se staatskuld en finansiele stelsel gaan voortduur, met die gepaardgaande volatiliteit, is onseker. Dit is ‘n groot risikofaktor. Hiermee saam het die voorraad tot verbruiksvlakke van graan en oliesaad in heelwat lande die afgelope jaar gedaal na baie lae vlakke wat produk- en voedselpryse skerp verhoog het. Die styging in oliesaadpryse is in Tabel 1.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%202011_Oliesade.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2011

Section: Markoorsig

Search