• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

February 2010

– 20 November 2009 tot 20 Januarie 2010
 
BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM:MARKOMGEWING, GRAAN SA
 
Die VSA se Departement van Landbou (USDA) se maandelikse vraag en aanbod projeksie (WASDE-verslag) het op 12 Januarie verskyn. Die produksie van mielies is met 5,8 miljoen ton hoër aangepas.
 
Die mielie- en sojaboonopbrengste vir die 2009/2010-seisoen is weens gunstige produksie-omstandighede hoër en het tot laer pryse gelei. Die VSA se koring-eindvoorrade is ook weens lae uitvoersyfers hoër. Die uitvoersyfer is die laagste sedert die 1971/1972-produksieseisoen.
 
Dow Jones Industriële Gemiddelde (DJIA)Indeks
Die hernude vertroue in die aandelemarkte het tot hoër goud- en ruoliepryse gelei wat die DJIA-indeks gevolglik tussen 20 November en 20 Januarie met 285 indekspunte tot 10 603 indekspunte laat styg het. Die DJIA-indeks het op 19 Januarie die hoogste vlak in 15 maande van 10 725 indekspunte bereik. Die VSA dollar het oor die tydperk vanaf ,49 tot ,41 teenoor die euro versterk (Grafiek 1).
 
Ruoliepryse
Die ruolieprys het sedert 20 November, vanaf /vat gedaal tot /vat op 11 Desember, weens die hoër VSA ruolievoorrade en ‘n sterker VSA dollar. OPEC-lidlande se besluit om produksieteikens konstant te hou, het ruoliepryse verder laat daal. Die ruolieprys het egter sedert 11 Desember begin herstel. Politieke spanning tussen Rusland en Belarus en die koue temperature in die VSA het die vraag na verhittingsolie met tot 21% laat styg. Gevolglik het die ruolieprys tot /vat op 8 Januarie gestyg. Die laer ru-olieverbruik in ontwikkelde lande het tot die opbou van ruolievoorrade gelei en pryse het op 20 Januarie tot /vat gedaal (Grafiek 2).

Publication: February 2010

Section: Markoorsig

Search