• Login
  • Search Icon

Besproeiing se bydrae tot graanproduksie

February 2011

PETRU FOURIE, EKONOOM: INSETTE/PRODUKSIE, GRAAN SA EN PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Suid-Afrika is ‘n relatief droë land, met ‘n baie wisselvallige reënvaltoon. Dié verskynsel lei daartoe dat graanproduksie baie kan varieer en daarom speel besproeiing ‘n belangrike rol in die stabilise ring van graanproduksie.

Grane onder besproeiing het die afgelope paar jaar stelselmatig toegeneem. Sedert die 2006/2007-produksieseisoen het die hektare mielies onder besproeiing met 13,5% (28 100 ha) toegeneem. Koring het dieselfde tendens gevolg en het vanaf die 2007-produksieseisoen met 8,8% (10 800 ha) toegeneem.

Die afgelope elektrisiteitskosteverhogings dra daartoe by dat die produksiekoste van graan onder besproeiing verhoog het en steeds aan die toeneem is. Besproei ingsprodusente se winsgewendheid teen huidige produkprysvlakke is tans in gedrang. Dit kan veroorsaak dat daar ‘n afname in produksie plaasvind en kommer bestaan oor die invloed daarvan op Suid-Afrika se voedsel sekuriteit.

Mielie- en koringverbouing onder besproeiing maak ‘n belangrike deel uit van die nasionale oes. Besproeiing bring mee dat die nasionale opbrengs van grane, veral in ‘n droogtejaar, gestabiliseer word. Om dié stabiliseringseffek op voedselsekuriteit te bepaal, moet die bydrae van grane onder besproeiing tot die finale oes, ontleed word.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%202011_Besproeiing%20se%20bydrae.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: February 2011

Section: Wenartikels

Search