• Login
  • Search Icon

‘n Buitengewone grondboneproduksieseisoen – Wat kan ons daaruit leer?

October 2010

DR JAN DREYER, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Die afgelope produksieseisoen was dit duidelik dat die natuur hom nie laat bind deur wat die vorige paar jaar gebeur het nie. In die afgelope tyd was daar verskeie navrae oor grondbone, maar veral waarom die vorige seisoen nie aan die verwagting voldoen het nie. Daar is baie te leer uit die vorige seisoen, maar dit sal beteken dat ‘n paar basiese prosesse weer opgeskerp moet word.

Vir die doel van die artikel sal die proses van fotosintese ‘n paar keer na vore kom, gevolglik sal ‘n baie veralgemeende bespreking oor die onderwerp gedoen word.

Fotosintese
Die proses van fotosintese is nie alleen ‘n wonder in sy eie reg nie, maar dit is ook die primêre voedselverskaffer van die mensdom. Die basiese struktuur wat vir energieverskaffing nodig is, word in Figuur 1 aangedui.

In sy allereenvoudigste vorm word lig as energiebron gebruik, koolsuurgas en water word toegevoeg en die eindproduk is ‘n suiker. In die proses word suurstof vrygestel. Die proses word moontlik gemaak deur veral ensiemes en ander molekules wat in die chloroplaste voorkom.

Hierdie strukture bevat chlorofil wat as groen pigment in plante gesien kan word. Vanaf die eerste produkte van fotosintese, in die geval van grondbone is dit ‘n suiker met drie koolstowwe, word verskeie produkte vervaardig soos ondermeer olies en proteïene. Hou ook in gedagte dat voedingstowwe uit die grond ook noodsaaklik is, maar vir die artikel word dit as optimaal beskou.

Wat belangrik is om te onthou, is dat fotosintese slegs kan plaasvind waar daar genoeg energie teenwoordig is, dus: hoe minder energie, hoe minder fotosintese binne bepaalde perke, hoe laer die opbrengs van ‘n gewas.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%2010_Grondboneseisoen.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: October 2010

Section: Wenartikels

Search