• Login
  • Search Icon

2009/2010-Somergraanverbouing in retrospeksie

October 2010

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVOR SINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Die doel van hierdie artikel is om produsente op algemene foute van die afgelope seisoen te wys sodat dieselfde probleme nie weer in die komende seisoen herhaal word nie.

Dit is opgestel in samewerking met verskeie landboukundiges in die somersaaigebiede wat heelwat produsente op hul plase besoek het. Baie dankie aan die LNR-Instituut vir Graangewasse, Senwes, Pannar en ander landboukundiges wat van die foto’s verskaf het.

Beplanning
Die gevolge van beplanningstekortkominge het vanjaar in etlike plekke kop uitgesteek. Produsente fokus dikwels net op die komende jaar en langtermynbeplanning word agterweë gelaat.

Die effek van korttermyn, maksimum wins teenoor langtermyn volhoubaarheid het vanjaar na vore getree. Hier word die effek van wisselbou en die voordele daarvan as voorbeeld gebruik. Die voordele van graanprysverskansing staan ook weer vanjaar uit.

Bewerking
Vanjaar se moeilike klimaat het verskeie bewerkingsfoute uitgewys, soos byvoorbeeld windskade (Foto 1) aan gewasse. Reën het weens die gebrek aan waterafloopbeplanning (Foto 2 en Foto 3) in baie gebiede meer skade aangerig as wat die geval sou gewees het indien hierdie beplanning in plek was.

Landboukundiges het ook op talle plekke gesien waar toerusting nie reg gekalibreer was nie. Beide die planters, asook die spuite was verkeerd gestel. Sommige planters het ook die kunsmis te ver of te na aan die saad geplaas met die gevolg dat saailinge gebrand het (Foto 4) of nie kon wegkom nie.

In ander gevalle het die planters nie reg geplant nie, omdat te vinnig gery is of omdat die sein weggeraak het (Foto 5).

Produsente in sommige streke is geneig om te vlak te plant. Die gevolg hiervan is dat kieming swakker is en die onkruiddoder kan ook meer skade aan saailinge aanrig. Wortelontwikkeling word ook benadeel deur te vlak te plant. Die regte plasing van saad kan opbrengste met tot 700 kg/ha verhoog.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%202010_Retrospeksie.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: October 2010

Section: Wenartikels

Search