Background Image
Previous Page  121 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 121 / 124 Next Page
Page Background

119

Nuwe Kia Sorento-reeks

hou eienaars tevrede

w

anneer ‘n mens hoor dat ‘n voertuig hoog deur

JD Power aangeslaan word, dan het dit betekenis.

JD Power is ‘n internasionale navorsingsmaat-

skappy, wat spesialiseer om te bepaal wat ver-

bruikers se indrukke van ‘n produk se kwaliteit is.

Volgens die jongste JD Power-verslag oor Kia se nuwe Sorento,

is die eienaars baie, baie gelukkig en tevrede met die voertuig

– hy behaal tewens die hoogste tevredenheidsindeks in hierdie

voertuigklas.

Hierdie nuwe Sorento is so pas ook in Suid-Afrika bekend gestel.

Dit is nou al die derde geslag Sorento wat ons plaaslik kan bekom.

Die nuwe reeks spog met ‘n nuwe bakwerk, ‘n nuwe dieselenjin en

‘n besonderse goed beplande binne-uitleg. Dit is ook effens langer

en wyer, maar ook laer om meer padvas te wees.

Die Sorento het nou in statuur gegroei, sodat dit in die mediumklas-

sportnutsvoertuie sy stem kan dik maak as een van die topvoer-

tuie in hierdie klas. Die Sorento ding mee met Toyota se Fortuner,

die Chevrolet Captiva, Hyundai se Santa Fe en die Volvo XC 60.

Daar is vier modelle beskikbaar, wat wissel van vyf tot sewe sit-

plekke, ‘n 2,4 liter-petrolenjin tot ‘n 2,2 liter-dieselenjin asook ‘n

keuse tussen tweewielaandrywing en permanente vierwielaandry-

wing. Verskeie opsionele ekstras om die lewe vir insittendes ge-

riefliker te maak, is ook beskikbaar. Daar is boonop ‘n keuse tussen

17, 18 of 19 duim-wiele in ‘n verskeidenheid van ontwerpe om jou

Sorento vir jouself te pasmaak.

Die veringstelsel bestaan uit Macphersons voor en multi-skakels

agter. ‘n Kenmerk van die nuwe Sorento-reeks is die groter

skokbrekers om vir slegter paaie kans te sien. ‘n Pluspunt is die

versterkte platform van die onderstel sodat dit met geharde

4x4-voertuie, soos die Fortuner, kan meeding. Al die modelle kom

met ‘n radio/CD/MP3-speler met multimedia-poorte vir USB en

ander skakels. Die topmodelle het ook ‘n trukamera wat die beeld op

‘n skerm op die beheerkonsole wys. Die duurder modelle het boon-

op radar wat die voertuig se blinde kolle dek en die bestuurder

betyds sal waarsku dat ‘n ander voertuig langs jou “wegkruip”.

Die Suid-Afrikaanse Sorento-modelle kom in ‘n keuse tussen ‘n

2,4 silinder-petrolenjin, wat ‘n kraglewering van 127 kW bied en ‘n

wringkrag van 225 Nm lewer en dan is daar die nuwe toetrede in die

gewaad van ‘n 2,2 liter-dieselenjin. Hierdie enjin is turbo-ondersteun

en het ‘n kraglewering van 147 kW teen 3 800 omwentelinge en

‘n wringkrag van 440 Nm tussen 1 750 en 2 750 omwentelinge.

Ratkaskeuse is tussen ‘n sesspoed handrat vir die petrolmodel en

‘n sesspoed outomaties vir die drie dieselmodelle.

Behalwe die intreevlak vyfsitplek Sorento LS met die petrolenjin,

is die vier ander modelle almal toegerus met die dieselenjin. Die

Sorento 2.2 CRDi LX (R499 995) is outomaties, tweewielaange-

drewe en het vyf sitplekke. Die 2.2 CRDi EX (R599 995) is vierwiel-

aangedrewe en het sewe sitplekke. Die 2.2 CRDi SX AWD

(R634 995) is basies die EX-model met net nog meer luukshede

en veiligheidstoebehore. Al die nuwe Sorento’s het Kia se vyfjaar/

150 000 km-waarborg en Kia se onbeperkte driejaar-padbystand.

Die nuwe Sorento’s het uitstekende padbeheer en veral die top-

modelle vaar uitstekend om draaie omdat hulle ook met trak-

siekontrole toegerus is. Die Sorento, veral die permanente

vierwielaangedrewe modelle, is premium klas. Dit is ‘n kwaliteit-

ryding en jy voel dit in die stuur en hantering en sien dit in die

afwerking.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

September 2015

Die vlagskip van die Sorento-reeks is die 2.2 CRDi SX AWD-model wat R634 995 kos

en spog met alles wat ‘n mens van ‘n duur klas voertuig verlang.