Background Image
Previous Page  6 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 92 Next Page
Page Background

4

s

o deur die droogte in die noorde en

die landswye beurtkrag, het die ge-

dagte by my opgekom dat dit net

die graanprodusente van ons land

is wat tussen beurtkrag en beurt-

kos staan.

Ons praat so baie van voedselsekerheid en

soms van energiesekerheid, maar dan kom

daar ook gedagtes in my kop ten opsigte van

die sekerheid van die vaardigheid om kos te

kan produseer. Hoe besorg is die land daar-

oor? Dit gaan nie help ons breek standbeelde

af en ons het nie kos nie. Selfs nuwe stand-

beelde kan nie kos produseer nie!

Om bloot net te aanvaar dat dinge maar net

so kan aangaan, is beslis nie aanvaarbaar nie!

Baie van die dinge wat rondom ons gebeur ten

opsigte van die landbou, dui daarop dat

auto

pilot

ons in die berge gaan laat vasvlieg.

Ek het nog altyd groot waardering vir kreatiewe mense wat hulle

nie laat onderkry deur omstandighede nie. Dit is waar ons nou is.

Ons leierskap gaan in hierdie dae weer na ons strategiese plan kyk

en wat die rol is wat Graan SA in die toekoms sal moet speel. Dat

ons buite ons gemaksone getoets gaan word, is nou maar seker. Ons

sal kalm moet bly en met koelkoppe die nuwe toekoms self vind. Dit

help in elk geval nie meer om net ander te blameer nie.

Een nuwigheid wat ek graag met julle wil deel, is iets wat ons nie

geantisipeer het nie: Ná ons ooreenkoms met China om mielies uit

te voer, het ‘n hele paar strategiese lande wat ook mielies invoer, na-

vraag by Suid-Afrika begin doen. Dit is nou lande soos Viëtnam en

Indonesië. Dit wil voorkom asof hulle, noudat China die pad gewys

het, bloot wil volg. Dit is sommer baie goeie nuus vir ons produsente.

Dit wil lyk of die sojabone die mielies effe uitgestof het in hier-

die droë jaar. Oorlêlande het ook weer eens gewys waarom baie

produsente die stelsel toepas. Dalk gaan dit tot ‘n afname in die

mieliehektare lei, ons sal egter maar moet sien. Die geheim bly in-

derdaad altyd: Laat die syfers (en nie emosie nie) dikteer wat die

beste plan is.

Die produsente in die suide is druk besig met planttyd, veral ná die

eerste reën wat in die Suid-Kaap geval het. Ons vertrou dat julle

‘n mooi seisoen gaan hê. Die uitbreidings na die vraag vir gars en

kanola lyk baie positief en as ons nou net die koring op ‘n beter trajek

kan kry, kan die hektare mooi uitbrei.

Graan SA-leierskap se belegging die afgelope vier jaar in navor-

singskapasiteit en die bestuur van navorsing, het begin vrugte

afwerp. Graan SA het onlangs ons eerste kontrak met die Depar-

tement van Wetenskap en Tegnologie gesluit om voorteelprogram-

me vir koring te begin. Dit is addisionele fondse wat nie voorheen

vir navorsing beskikbaar was nie. Hierdie deurbraak en ‘n nuwe ven-

nootskap is iets waarna ons lank uitgesien het. Welgedaan vir die

span wat dit afgehandel het.

Ek sluit die maand af met die advies van mnr Max du Preez na aan-

leiding van al die felheid van rassisme wat ons die afgelope tyd

teen standbeelde gesien en beleef het: Die stem van redelikheid sal

nog harder moet werk om bo al die lawaai gehoor te word. Redelik-

heid is die enigste manier om die droom van ‘n reënboognasie te

laat realiseer.

Beurtkrag, beurtkos en

standbeelde...

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Dit gaan nie help ons

breek standbeelde af en

ons het nie kos nie. Selfs

nuwe standbeelde kan

nie kos produseer nie!

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Mei 2015