Background Image
Previous Page  113 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 113 / 116 Next Page
Page Background

Jeep is voor met bybehore

w

anneer ‘n man met ‘n 4x4-voertuig ernstige veld-

rytoestande wil aandurf, sal hy gou agterkom

dat sy voertuig heeltemal ontoereikend is. Goed

soos ‘n wen-as, bosbreker en rolstawe kom as

gevolg van veral die reëls van die Europese Veilig-

heidstandaard Organisasie nie standaard nie.

Dit is ‘n belangrike faktor wat ‘n man in gedagte moet hou as hy

‘n 4x4-voertuig koop. Die vraag moet opkom of hy wel daardie

nodige toebehore vanaf die handelaar sal kan verkry? In baie gevalle

kom die waarborgvoorwaardes in gedrang as daar veranderinge

aan die voertuig aangebring word, soos om die onderstel hoër of

stywer te maak.

Die voordeel van Jeep-voertuie is dat hulle ‘n gespesialiseerde

maatskappy het wat alle toebehore wat ‘n Jeep-eienaar sal benodig,

sal kan verskaf sonder dat die Jeep-waarborgvoordele in gedrang

kom. Hierdie maatskappy is Mopar.

Mopar is nou ook al vir meer as drie jaar in Suid-Afrika gevestig om

voornemende en huidige Jeep-eienaars met hulle toebehore by te

staan. ‘n Interessante brokkie inligting is dat Jeep die voertuig in die

wêreld is wat die meeste met bybehore toegerus word.

In die VSA verkies Jeep-eienaars toebehore wat die voertuig beter

laat vertoon, terwyl die res van die wêreld toerusting bysit wat die

funksionaliteit van die voertuig sal verhoog. Bygaande foto‘s wys

wat die moontlikhede is met ‘n Jeep-en-Moparkombinasie. Vir meer

inligting oor toebehore vir jou Jeep, besoek gerus Mopar se webwerf

www.mopar.co.za .

1: Hierdie demonstrasie-weergawe van ‘n Jeep Wrangler Rubicon-

model wys wat gedoen kan word. Hier kan die toekomstige eienaar sy

Jeep Wrangler bestel met ‘n oranjekleurige mat. Wanneer die voertuig

by die handelaar aankom, kan hy reël dat die onderstel deur ‘n Mopar-

onderstelverhogingspakket met 4 cm gelig word. Deur die onderstel te

verhoog, is daar meer bewegingsruimte vir die groter 17-duim

BF Goodrich grondpadbande wanneer daar veral deur klipperige terrein

beweeg word. Verder is van Mopar se voor- en agterbuffers geïnstalleer

om die voertuig in bosagtige terrein te beskerm en sommer om ook rof

en gevaarlik te lyk.

2: Hierdie Mopar-demonstrasiemodel van die Jeep Wrangler Unlimited

Rubicon lyk baie militaristies en word die ”Stealth“ genoem. Stealth

verwys na die Amerikaanse vliegtuie wat plat gebou en grys geverf is

met die idee om onopsigtelik die vyand te benader.

3: Hierdie Jeep met sy Mopar-toebehore is egter nie onopsigtelik nie.

Dit staan ver uit met sy groot breë wiele, bosbrekers, kanttrappe en

rolstawe. Die Mopar-enjinkap het ook ‘n luginlaat om die enjin te help

ventileer wanneer daar hard gewerk word om oor slegte terrein te

beweeg.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

111

March 2016

1

2

3