Background Image
Previous Page  111 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 111 / 116 Next Page
Page Background

‘n Valentynsdagtroue om

van te droom

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

v

alentynsdag word eeue lank deur die wêreld gevier as ‘n

dag van romanse en liefde. Dit is vernoem na die mis-

terieuse St. Valentine, ‘n priester in Rome. Vir hierdie ge-

paste tema het ons ‘n gebeurtenis in rooi rose, silwer en

ougoud geskep.

Vroegoggend word die bruid wakker gemaak met ‘n romantiese

ontbyt. ‘n Rooi keramiek-eetstel op ‘n houtskinkbord, wat outentiek

afgewit is, is pragtig, keurig gedek met verse van liefde op die hout

geskryf. Die bruid word dadelik in die regte stemming geplaas na ‘n

heerlike ontbyt.

Sy ruik diep en behaaglik die soet reuk van die wynrooi roos en teug

aan die lemoensap met droomverlore oë. Die kapel se gewel is met

‘n krans rooi rose en wit madeliefies en asters soos ‘n wafferse

Valentynsdagreënboog van die grond bo-oor die boog tot op die

onderkant versier. Binne verwelkom honderde kerse die bruid in

staande heuphoogte kandelare – soos soldate in gelid.

Die massiewe saal is getooi in wynrooi tafsy op ronde tafels met

Tiffanystoele in wit. Ougoud kerskandelare in verskillende hoogtes,

sommige omring deur wynrooi rose wat passievolle liefde ver-

sinnebeeld, is die fokuspunt van die tafels. Goue onderborde en

stylvolle, egte linneservette met dik kant en ‘n enkele roos wys die

tafelplekke aan.

Só word dit gedek, met romanse en die eeue-oue legende as die

inspirasie daarvoor. Die bruidstafel is getooi met elegante hoë

staanders, met pragtige flikkerende kerse. Daar word tot in die na-

nag gedans.

109

March 2016

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.