Background Image
Previous Page  9 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 116 Next Page
Page Background

7

WAARHEID

Om die

te sê...

KANTLYN

Op die

Mnr Erich Cloete van die plaas Sanctuary in die Cradock-distrik, het ‘n allemintige 23,92 t/ha in ‘n plaaslike 20 ton-mielieklubkompetisie

behaal. Terloops, Wessel – Erich se seun – neem tans deel aan die TV-werklikheidsreeks,

Boer soek ‘n Vrou

.

Mr Erich Cloete from the farm Sanctuary in the district of Cradock realised an astonishing 23,92 t/ha yield in a local 20 ton maize club

competition. By the way, Erich’s son, Wessel, is taking part in the reality TV series,

Boer soek ‘n Vrou

, currently.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

Augustus 2016

Goeiedag Kleinneef,

Ons bibber nog so van die koue hier in die mooie Boland met sy

sneeubedekte berge toe vang my oog jou skrywe: “In die skadu

van ‘n reus” in die

SA Graan/Grain

, Junie 2016.

Ek glimlag so by myselwers toe ek ons kleinseun, Daniël (vyf jaar oud), se ver-

baasde uitdrukking op sy gesiggie sien. Hy steek sy natgeswete vingertjie uit

na die letters op die bladsy en vra: “Ouma, wat staan daar?” Ek lees die opskrif

hardop.

Nou eers besef ek waaraan die klein mannetjie dink en dit het niks met hierdie

reus in jou rubriek te make nie. Vriende van ‘n nabygeleë dorp kom op ‘n dag by

ons kuier terwyl ons twee kleinkinders ook hier speel.

Toe die voordeurklokkie lui, hardloop die tweetjies vinnig voordeur toe en staan

verstom agter die geslote traliehek. Die eerste woorde wat uit Daniël se mondjie

kom, is: “Ouma, is dit ‘n reus?!”

Gelukkig het ons vriend ‘n goeie sin vir humor en lag toe maar heerlik saam,

want groot is hy groot. Ons vriend gooi ‘n donker skaduwee in die gang en moet

buk om by die voordeur in te kom, selfs ek verwonder my aan die man se lang

hare en bos baard, kompleet soos ons onsself voorgestel het hoe die Bybel se

reuse moes lyk. G’n wonder die twee kleingoed het hul stom geskrik nie.

In ieder geval: ‘n Reus bly ‘n reus. Of hul nou groot van postuur is of reuse-take

verrig of baanbrekerswerk doen.

Groete van huis tot huis.

Ria van Wyk

Worcester

Só sê ons lede

Trek ‘n rooi kring op jou kalender

Grafiek 1: ‘n Aanduiding van hoe lank produsente wag vir

die uitbetaling van die dieselrabat.

Bron: Graan SA meningsopname tydens Kongres in Maart vanjaar

14 tot 17 September 2016 is Agri Megaweek op Mega Park,

Bredasdorp. Gaan loer gerus in by die Graan SA-gastelokaal.