Background Image
Previous Page  6 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 92 Next Page
Page Background

4

v

ir my was daar twee groot nuwe

tendense by Graan SA se 2015

Kongres, naamlik: Politici het begin

luister na produsente; en die ver-

moë van produsente om probleme

te oorkom.

Minister Senzeni Zokwana was die eerste

Minister van Landbou sedert 2004 wat die

Kongres bygewoon het en nie net sommer in-

gestap, ‘n toespraak gelewer en weer wegge-

ry het nie. Minister Zokwana was ‘n hele vyf

ure by Kongres. Die LUR van Landbou van die

Noordwes Provinsie was ook daar.

Ek het dit só geniet toe die media hom vra

waar die LUR’e van die ander provinsies is en

hy antwoord ferm: “Hulle sal almal volgende

jaar hier wees!” Kom ons hou hieraan vas

en ontwikkel die goeie gesindheid wat daar

by Kongres was waar politici ons opinie ge-

vra het.

Die minister se simpatie met die droogtesituasie waarin die pro-

dusente hulself bevind was opreg en het uit sy hart gekom. Ek kan

ook nie anders as om mnr Ralph Swart (nuwe era produsent van

Elim) se pa se woorde in dié verband aan te haal nie: “Praat is

afdraand en doen is opdraand.” Hierdie gesegde is presies waar ons

land homself nou bevind wat grondhervorming betref en ook ten

opsigte van hulp met die huidige droogte.

So drie weke voor Kongres het ‘n groep mielieprodusente hul

vliegtuie NAMPO Park toe gebring om met ons oor die Noordwes

Provinsie en die Noordwes Vrystaat te vlieg om die toestand uit die

lug waar te neem. Met die terugkomslag het al die verslae en waar-

nemings vanuit al die windrigtings ons almal mismoedig gestem.

Ek kan steeds nie die prentjie van die produsent wat sommer net

so met sy bakkie deur sy mielielande ry uit my gedagtes kry nie.

Die emosie en alleenheid van daardie produsent het my heelte-

mal oorweldig.

Wat my opgeval het, is dat daardie selfde produsente drie weke

later Kongres bygewoon het en aanbeweeg het na die volgende

seisoen. Dit vat nie die pyn van die huidige droogte en probleme

weg nie, maar hierdie unieke mense het die vermoë om probleme

te oorkom en te hanteer wat jy nie sommer elders in die samele-

wing kry nie. Dit wil gedoen wees!

Die hele konsep van

data science

wat die Amerikaanse produsent,

mnr Kip Tom, met ons kom deel het, het ‘n nuwe era van tegnolo-

giese graanproduksie kom aanwakker. Dit was eintlik jammer dat

die grondkwessie die gesprekke so oorheers het dat ons nie meer

van dié man kon hoor nie.

Graan SA se personeel het egter die bal opgetel en ons sal die

saak verder neem om elke graanprodusent te help om sin uit al die

massas inligting te probeer maak. Sy wenk bly egter vasstaan: “‘n

Droë jaar is die beste om die meeste inligting in te samel!” Kom ons

maak seker ons meet die plante se reaksies op die omgewing so-

dat ons beter kan presteer in die komende seisoene.

Ek is ook vol moed dat ons binne die volgende maande iets kon-

kreets vir ons koringprodusente sal kan gee om mee vorentoe te

gaan. Die gesindheid van al die rolspelers is bemoedigend en as

alles saamgevat kan word, kan ons ‘n nuwe bedeling inlui.

Terugblik op Graan SA

Kongres 2015

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...en ontwikkel die

goeie gesindheid wat

daar by Kongres was

waar politici ons opinie

gevra het.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

April 2015