Background Image
Previous Page  3 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 92 Next Page
Page Background

1

April 2015

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Bradley Flett, Elmarie Helberg, Alzena Gomes, Koos Kirsten, Johan Labuschagne, Wessel Lemmer,

Corné Louw, Jenny Mathews, Jeané Meyer, Charné Myburgh, Edson Ncube, PJ Pieterse, Moses Ramusi, Pieter Rademeyer, Stephanus Richter, Owen Rhode,

Joanie Scheepers, Ruth Schultz, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Johann Strauss, Annelene Swanepoel, Adri Theron, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Hendrik van Pletzen,

Gerhard Verdoorn, Willem Voogt en Sierk Ybema

o

ns het my pa die afgelope maand begrawe. Onverwags. Iets

waarop niemand jou kan voorberei nie. ‘n Hartaanval terwyl hy

en my broers besig was om sojabone te stroop.

Ek dink menige produsent sou verkies om soos hy te kan gaan – nie

‘n lang siekbed nie...Net skielik op die land, met sy skoene aan, na sy

Skepper. Ons het pa Manie op die plaas in die familiekerkhof onder

die groot bloekomboom begrawe – in ‘n gewone dennehoutkis; niks

fancy

nie. In sy werksklere met sonneblomme en mieliepluime bo-op

die kis.

Pa was nog ‘n “outydse” boer in murg en been – as hy die keer (wat

maar min was) vir ‘n dag of wat weg van die plaas was, was hy skoon

siek gewees. Pure boer was hy soggens vroeg uit die vere – in die bak-

kie; by die lande. In sy kakiehemp, kortbroek met ‘n sakdoek in die sak,

lang kouse en skoene en ‘n laphoed op die kop.

Hy kon nie met ‘n rekenaar werk nie, maar sy hande het vir niks ver-

keerd gestaan nie en hy kon alles regmaak: Hetsy dit was om iets te

bou, te sweis, ‘n trekker te

overhaul

; ‘n stukkende speelding van die

kleinkinders reg te maak; of om ‘n meubelstuk te restoureer...Hy het

“’n boer maak ‘n plan” versinnebeeld. My en Pa se laaste telefoonge-

sprek was juis oor die Boerepatentekompetisie by vanjaar se NAMPO

Oesdag. Dié jaar wou hy inskryf.

Hy het van gesels gehou, was ‘n regte terggees en het graag die klein-

kinders se siele uitgetrek en met hulle gespeel. “Aaaaag Oupa!” Oupa,

ons gaan jou so baie mis...Die dag voor en na sy begrafnis het dit heer-

lik gereën. Ek dink Pa het besluit om maar in persoon vir die Liewe Vader

daarbo vir reën te gaan vra...

In die uitgawe plaas ons juis ‘n hele paar artikels oor die droogte. Die

omvang van die 2014/2015-droogte in die somersaaigebiede is van so

‘n aard dat daar feitlik geen gebied is wat nie deur die droogte geraak

is nie. Die omvang van die skade wissel tussen gebiede, maar selfs op

dieselfde plaas is daar blokke graan wat minder of meer skade het as

gevolg van oneweredige reënval. Pietman Botha (

SA Graan/Grain

mede-

werker) en Hendrik van Pletzen (Voermol Voere) gee op bladsy 38 rig-

lyne vir die benutting van verdroogde graangewasse en oesreste.

Pieter Rademeyer (produkbestuurder, Pannar Saad) bekyk die droogte-

stremming op mielies van nader op bladsy 69. (Die invloed van strem-

ming op die uiteindelike oes loop nou saam met die vogbehoeftes

tydens die verskillende groeistadiums.) En Wessel Lemmer (Graan SA)

bespreek op bladsy 40 die impak van die droogte en vroeë lewerings op

die aanbod van mielies.

NAMPO 2015 – landbou-vertoonvenster

Die NAMPO Oesdag is voor die deur en ons gee weer ‘n aparte Graan SA

NAMPO Oesdag-uitgawe saam met die April-uitgawe van die

SA Graan/

Grain

uit. Lees daarin alles oor die 2015 Oesdag.

Groetnis tot volgende maand.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Meet our

contributors...

j

enny Mathews was born in

Estcourt, KwaZulu-Natal and

raised to love the outdoors.

She spent many happy hours

in her grandpa’s vegetable

gardens. Jenny attained a BA at

UKZN and completed a diploma

in education. After marrying

John they lived in the Eastern

Cape where he farmed and Jenny taught at the local school.

They moved back to the family farm at Sannieshof where

they have lived and raised three sons who all farm today. The

family’s passion for South Africa and its land led Jenny to get

involved in Grain SA to keep a finger on the pulse of agriculture.

A natural love for education and development has seen her

involved in farmer development issues. She currently serves

on Grain SA’s Farmer Development Committee and represents

Grain SA as chairman of the board of the Grain Farmer

Development Association (GFADA). Motivating and teaching

about farming through the written word in different magazines

has become an unexpected, but delightfully rewarding career.

D

iplodia, Fusarium and Gibberella ear rot are

the major ear rot diseases occurring in South

Africa. These diseases have been identified as

recurring problems throughout maize producing

areas. According to

BRADLEY FLETT

and

EDSON NCUBE

(ARC-Grain Crops Institute) the

fungi causing these diseases also cause maize

stalk rots which result in plant lodging. Maize

ear rots result in yield losses and grain quality

reduction through discoloured kernels, observed

during the grain grading process and production of

mycotoxins. Read more about this on

page 60

.

E

LMARIE HELBERG

,

SA Graan/Grain

contribu-

tor, talked to Quentin and Marisa de Bruyn of

Vastrap Enterprises near Ladybrand in the Eastern

Free State about their staff – which they believe is

the most important asset of their farming business.

This philosophy underlines their approach to la-

bour practices. Read more on

page 78

in our series

on good labour practices and relationships.

A

BRIE COETZEE

, onthaal- en dekorspesialis,

van Kamelia in Klerksdorp, behartig van

Maartmaand af ons nuwe rubriek “

Kuier saam

met Abrie

”. In dié uitgawe vier hy Paasfees en

dek ‘n Barok-sementbladtafel vir ontbyt onder die

oggendskaduwee in die tuin. Middagete ter ere

van Pase word uitgebeeld met fluweel, kruise en

rooi rose, soos karmosyn. Kom deel saam in die

feesvieringe op

bladsy 86

.