Previous Page  23 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 23 / 140 Next Page
Page Background

21

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

J

WL stal weer die nou reeds bekende Versatile-trekker-

reeks uit op die NAMPO Oesdag. Hierdie reuse van

324 kW tot 429 kW gaan te sien wees op ons standplaas

tesame met ander innoverende produkte wat spesifieke

behoeftes in die boerdery aanspreek.

Die Versatile-reeks het naam gemaak as robuuste,

betroubare trekkers teen bekostigbare pryse wat maklik versien

en in stand gehou kan word. Die trekkers word almal toegerus met

Cummins-enjins en CAT-transmissies, en beskik oor planetêre ratte op

die aste wat aan die buitekant aangebring is. Herstelwerk kan dus

gedoen word sonder om die bande of rusperbande van die trekkers

te verwyder, wat staantyd aansienlik verminder.

DeltaTrac word gekenmerk deur die unieke ontwerp van die

rusperbandstelsel waarmee die trekkers toegerus is. Die stelsel se

ontwerp bring mee dat kragoordrag na die rusperbande beter ge­

skied en die ontwerp van die onderstel verskaf groter rygerief en

ook beter vastrapvermoë. Dit word ook nou standaard met kajuit­

suspensie toegerus wat rygerief verder verbeter.

Elmers Haulmaster-tapkar

Ons bekende Elmers-tapkarre sal ook weer op die standplaas te sien

wees. Hulle is met ’n dubbelawegaarsisteem toegerus wat verskeie

voordele bo dié van ’n enkelawegaarsisteem bied.

Hierdie tapkarre is poeierbestryk, wat vir ’n duursame afwerking

sorg. Die opsie om hulle toe te rus met rusperbande is ook beskikbaar

en opsionele toerusting sluit verder ’n skaal, ’n seil, ’n kamerastelsel,

hidrouliese aandrywing en ’n uitlaai-awegaar, waarvan die hoek

hidroulies kan verstel, in. Die tapkarre is te kry in groottes van 21 ton

tot 51 ton en is in verskeie kleure beskikbaar.

AWS Airbar

Die AWS Airbar – ’n staatmaker – is weer op NAMPO te sien en het die

volgende voordele:

Dit voorkom verliese van tussen 60 kg/ha en 270 kg/ha, wat af-

hangende van die sojaprys tot ’n gemiddeld van R700/ha ekstra

in die produsent se sak kan beteken.

Vinniger grondspoed kan gehandhaaf word aangesien materiaal

eweredig in die stroper gevoer word.

Modelle vir alle stropertafels is beskikbaar. Die lugspuitstukke is ver-

der verbeter vir meer duursaamheid en ’n langer leeftyd.

Werner Nel,

besturende direkteur, JWL

Ou bekende

wys weer die grotes

P

2019