

67
November 2018
LUSERNWEIDINGSTELSEL: 12,5% LANDE MET MIELIES OP GEBRAAKTE LUSERNLANDE, 12,5% LANDE MET MIELIES OP TWEEDE-
JAAR-GEBRAAKTE LUSERNLANDE, 12,5% LANDE MET SOJABONE-OP-MIELIES WAAR DIE LUSERN SAAM GEVESTIG WORD EN
62% LANDE MET PERMANENTE LUSERNWEIDING VIR VYF JAAR VOOR OMSKAKELING
Gewas
Mielies na
lusern
Mielies na
mielies na
lusern
Soja en
vestiging van
lusern
Lusern
(Jaar 1)
Lusern
(Jaar 2)
Lusern
(Jaar 3)
Lusern
(Jaar 4)
Lusern en
omwerk na
mielies
Direk-
allokeerbare
koste
8 002
7 785
8 459
1 220
480
480
480
1 070
Tonne
geproduseer
6,5
6
1,5
4,0
4,0
4,0
4,0
4,0
Prys per ton
2 500
2 500
4 800
1 650
1 650
1 650
1 650
1 650
'n Mooi blok mielies.
Mielies word vir drie jaar verbou, waarna
dit na permanente aangeplante weiding
omgeskakel word. Die permanente weiding
word hoofsaaklik deur vee benut, maar
’n gedeelte word aangewend om hooi te
vervaardig.
In die 50%-dekgewasstelsel word net op
50% van die lande geplant en die ander
50% word jaarliks met dekgewasse, wat
deur vee bewei word, beplant. Sodoende
vind wisselbou met vee plaas. Die aanname
is dat die stelsel die mielieopbrengste met
10% sal verhoog. Tans is daar nog nie
werklike langtermynsyfers beskikbaar wat
hierdie styging kwantifiseer nie.
In die 33%-dekgewasstelsel word 66%
van die lande met mielies beplant en
33% daarvan met dekgewasse beplant.
Die helfte van die mielies word op
vorige dekgewaslande, waar die impak
van wisselbou en ander voordele van
dekgewasse die mielieopbrengste met ten
minste 10% verhoog, geplant. Die ander
helfte word op die vorige jaar se mielielande
geplant.
Die lusernweidingstelsel is ’n stelsel waar
lusern op van die lande gevestig word
en waar ’n gedeelte jaarliks na mielies
teruggeskakel word. Ten einde die hoe-
veelheid weiding konstant te hou, word ’n
ander gedeelte waar mielies verbou is, weer
na lusernweiding omgeskakel. Mielies word
vir twee jaar verbou, waarna dit weer na
lusernweiding omgeskakel word.
Lusernweiding word hoofsaaklik deur vee
benut, maar ’n gedeelte word aangewend
om hooi te vervaardig. As gevolg van die
effek van lusern as wisselbougewas, is
die helfte van die topbemesting by die
mielies in die tabelle weggelaat. Sojabone
is in die stelsel ingebring om die lusern se
vestigingskoste te verlaag.
Winsgewendheid en
hulpbronne
Winsgewendheid is nie die enigste faktor
wat bepaal of ’n stelsel sal werk of nie. Die
plaas se hulpbronne en die produsent se
belangstelling speel ook ’n rol in die besluit
wat geneem moet word. Die hoeveelheid
kapitaal wat elke stelsel benodig, sal ook
’n verskil maak en produsente moet ’n
volledige studie daarvan maak voordat só
’n besluit geneem kan word. Risiko en die
aptyt vir risiko sal ook ’n belangrike aspek
wees wat in aanmerking geneem moet
word.
Die tydwaarde van geld-beginsel is ge-
bruik om die stelsels wat oor meer as een
jaar strek met mekaar te vergelyk. Dié
tegniek kom daarop neer dat toekomstige
inkomstes en uitgawes gelyk gestel word
aan huidige waardes. Dit word gedoen deur
toekomstige inkomstes en uitgawes terug te
verdiskonteer na ’n huidige waarde.
Op dié manier word seker gemaak dat ’n
rand wat jy vandag verdien, meer werd
is as ’n rand wat môre verdien word. In
dié ontleding het die stelsels vir ’n siklus
van vier jaar geloop en is dan na huidige
waardes per hektaar terugverdiskonteer.
Kritiese rentabiliteit is gelyk gestel aan
die nabelaste geweegde gemiddelde
koste van kapitaal wat gebruik word om
toekomstige inkomstes en uitgawes mee
te verdiskonteer. Die inligting wat gebruik
is om die nabelaste geweegde gemiddelde
koste van kapitaal te bereken, word in
Tabel 1
op bladsy 65 getoon.
33%-DEKGEWASSTELSEL: 33% LANDE MET MIELIES OP
DEKGEWASLANDE, 33% LANDE MET MIELIES-OP-MIELIES EN
33% DEKGEWASSE NA MIELIES
Gewas
Mielies na
dekgewasse
Mielies na
mielies
Dekgewasse
na mielies
Direk-allokeerbare
koste
8 368
7 952
2 686
Tonne geproduseer
5,5
5,0
5,0
Prys per ton
2 500
2 500
1 100