Previous Page  6 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

d

ie skrywe van dié hoofartikel het op die vooraand

van NAMPO 2018 plaasgevind. Produsente in die

suide het geplant en dié in die noorde was besig om

te stroop. Die reën in die suide het nog nie geval nie,

maar die manne het geplant laat die stof so staan.

Andries Theron het die ander dag só gerapporteer:

100 mm se wind en 4 mm se reën. Ek vertrou dat dit al goed nat is

teen die tyd wat hulle hierdie lees.

In die noorde hou produsente die asems op vir die moontlikheid

van ryp op die laat-aangeplante gewasse. Daar is so ‘n effe van ‘n

opgewondenheid oor die mielie-uitvoere wat weer begin kop optel.

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het uiteindelik ons ver-

soek dat die handelaars voortaan statutêr aan SAGIS moet verklaar

hoeveel skepe gereserveer is, goedgekeur. Die toename in uitvoere is

ook goeie nuus vir die silo-eienaars wat elke dag nuwe planne moet

beraam om plek te maak vir die nuwe oes.

Ek wil graag ‘n saak aanraak wat ons landboubeleide in die toe-

koms gaan raak: Dit neem al hoe langer om ‘n verandering of nuwe

beleid gefinaliseer te kry. Die hoeveelheid rolspelers wat geken moet

word, raak meer, die opinies meer divers en die effektiwiteit van im-

plementering swakker.

Dít gebeur ongeag die meriete van ‘n saak. Selfs sake waaroor almal

saamstem, se prosesse neem langer as gewoonlik. Dit herinner my

aan ‘n besoek aan die Landbouportefeuljekomitee in 1996, toe die

konsep Bemarkingswet bespreek is. Een van die komiteelede se op-

merking was dat hulle daar was om goed te regeer – en nie noodwen-

dig effektief nie. Nog ‘n ronde van konsultasie is belangriker as om

die werk nóú klaar en afgehandel te kry. Die een “kommoditeit” in

landbou wat met meer as inflasie per jaar groei, is die hoeveelheid

mense wat ‘n opinie het oor wat die beste vir die sektor is.

Terwyl die markte, klimaat en inligting vinniger verandering van

produsente noodsaak, beweeg die beleidswiele al hoe stadiger.

Geen wonder die temperatuur tussen die verskillende rolspelers is

aan die styg nie.

Ek het tóg tydens ‘n gronddebat die ander dag weer ‘n stukkie be-

moediging beleef toe een van die regerende party se manne opge-

merk het dat daar ‘n nie-rassige konsensus is dat die staatsdiens

die grondhervormingsproses tot dusver gekelder het. Dit skep ‘n

basis vir gesprek. Daar is gepraat oor die verstedeliking en dat die

behoefte aan huiseienaarskap waarskynlik betreklik groter is as

die behoefte aan plaasgrond met die oog daarop om te boer.

‘n Ander opmerking was dat daar ‘n rasionele oplossing vir grond-

hervorming moet wees, maar radikaal genoeg om vordering te

maak. Alhoewel die titelakte van ‘n huis in ‘n woonbuurt ‘n reuse

sprong vorentoe gaan gee om dié wie se grond destyds van hulle

ontneem is se menswaardigheid te herstel, is die verbetering van

hul ekonomiese posisie die uiteindelike doel waarna gestreef word.

Ons het nog ‘n lang pad om te stap, gegewe die rigting waarin ons

onderwys en opvoedingsinstansies beweeg. Die verhoging van

minimumlone is nie die oplossing om welvaart te skep nie, maar

‘n verbetering in vaardighede wat ‘n geleentheid in die vryemark be-

nut om ekonomiese welvaart te skep, wel.

Dan was ek ook bemoedig deur die kwaliteit mense (al verskil ek

soms van hulle sienings) wat hulle met die saak van eiendomsreg

bemoei. Hulle is nie noodwendig landbouers nie, maar professionele

individue wat ‘n verskil wil maak op ‘n plek en tyd wat die land dit

broodnodig het.

Graan SA wil ook graag vir Schalk Pienaar groet. Hy het diep spore

in landbou getrap. Ons gaan beslis sy kalmte in moeilike omstan-

dighede mis, maar ook die onderskeidingsvermoë waarmee hy die

kaf van die koring kon skei. Sy jare ervaring op die boonste vlak van

landbouleierskap laat beslis ‘n leemte. Wees gegroet, Schalk!

Burokratiese rompslomp

sloer al hoe meer

Jannie de Villiers,

HUB/CEO

Terwyl die markte,

klimaat en inligting

vinniger verandering

van produsente

noodsaak, beweeg

die beleidswiele al

hoe stadiger.

standpunt

point of view

Graan SA

Junie 2018