

VISIT GSIAFRICA.CO.ZA
STORAGE
+ CONDITIONING
+ MATERIAL HANDLING
+ STRUCTURES
THE PROFIT CENTER
124 Ridge Road, Laser Park,
Honeydew, Ext 15, Gauteng
P O Box 4012, Honeydew, 2040,
South Africa
Phone: +27 (011) 794 4455
Fax: +27 (011) 794 4515
Email: sales@gsiafrica.co.za
Website: www.gsiafrica.co.za
TURN YOUR OPERATION INTO
PROFIT CENTER
®
Benewens die land se normale mielie-uitvoere na buurlande soos
Botswana, Lesotho, Zimbabwe, Zambië, Swaziland, Mosambiek en
Namibië, is mielies tans ook in aanvraag in Suid-Korea. Indien ons
pryse goed meeding met dié van die VSA, kan dit ‘n potensiële mark
wees. Gunstige weervooruitsigte en die wisselvalligheid van die rand
sal steeds fokusareas wees wat ‘n invloed op die mark het.
Loio het daarop gewys dat ‘n uitdaging die landbousektor in die
gesig staar, aangesien die gemiddelde ouderdom van produsente
tans ouer as 60 jaar is. “Die jonger generasie moet deelneem aan
die voorsiening van voedsel vir ons land,” het sy gemaan en
bygevoeg dat grondonteiening sonder vergoeding verhoed moet
word ten einde produsente in staat te stel om voedselsekerheid
te handhaaf.
Verskeie van die genooide sprekers het die potensiële negatiewe
effek van die regering se beplande onteiening van grond sonder
vergoeding aangeraak, maar ook uitgewys dat transformasie in
landbou onafwendbaar is. Die sektor sal aktief moet deelneem aan
transformasie, maar nie ten koste van die volhoubaarheid van die
sektor as een van die grootste skeppers van werk en voedselseker
heid nie.
Die sprekers tydens die simposium was mnr Theo Venter (politieke
en beleidspesialis), dr Roelof Botha (onafhanklike ekonoom en analis),
prof Mohammad Karaan (lid van die Nasionale Beplanningskom
missie), mnr Esli Rall (RMB) en mnr Chris Seward (Envirologix).
Mnre Vusi Thembekwayo, Brand Pretorius en adv Gerrie Nel het
hulle ervaring gedeel rakende persoonlike en besigheidsleierskap,
korporatiewe beheer en anti-korrupsie.
Na ‘n strategiese beplanningsessie deur GOSA met verskeie rol
spelers uit die bedryf in Februarie vanjaar, is die organisasie tans
besig om sy posisionering te herbedink. Planne hieromtrent sluit in
om die verteenwoordiging uit te brei ten einde die graanwaardeketting
in geheel in te sluit. Die aanstelling van ‘n bestuurder en uitbreiding
van die raad word ook in die vooruitsig gestel.
Loio is herkies tot president en mnr Awie Kriel (Kaap Agri) is as
vise-president aangewys. Die ander raadslede is mnre George
du Plessis (Overberg Agri), Ferdinand Meyer (Ronin GMS), Marco
Pretorius (Afgri), Esli Rall (RMB), Hein Rehr (National Fumigants) en
Lukas Swarts (Ensign Shipping).
5:Met Diaz Strand se see in die agtergrond, glimlag ‘n mens mos
enige tyd vir ‘n foto! Hier is Senwes se graanspan wat vanjaar se
simposium bygewoon het.
5