Background Image
Previous Page  101 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 101 / 116 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Navorsing op watertafel-sandgronde (Deel 4)

5: Sojabone na mielies onder rip-op-ry (Foto 5a) en verminderde bewerking

(Foto 5b) op Springboklaagte (2015/2016).

5a

5b

99

October 2017

Gedurende beide die 2013/2014- en 2014/2015-seisoene is gevind

dat:

Ongeag die bewerkingspraktyk, die voorafgaande gewas (so-

jabone) mielie-opbrengs verhoog het vergeleke met mono-

kultuur-mielies.

Bewerkingspraktyke ook ‘n effek op mielie-opbrengs onder

wisselbou gehad het: Opvolgmielies na sojabone onder rip-op-

ry het ‘n hoër opbrengs gelewer as onder verminderde bewer-

king na sojabone.

Wanneer die wisselbou-effek met dié van bewerking

gekombineer is, byvoorbeeld mielies na sojabone onder

rip-op-ry versus monokultuur-mielies onder verminderde be-

werking, is betekenisvol hoër mielie-opbrengs verkry onder

eersgenoemde produksiestelsel.

Monokultuur-mielie-opbrengs onder rip-op-ry was betekenisvol

hoër as onder verminderde bewerking.

In ‘n sojaboon/mielie-stelsel, sojaboonopbrengste betekenisvol

hoër onder rip-op-ry as onder verminderde bewerking was.

In die uiters droë 2015/2016-seisoen het:

Mielies in wisselbou met sojabone onder verminderde be-

werking hoër opbrengste as onder rip-op-ry gelewer.

Monokultuur-mielies onder verminderde bewerking het hoër

opbrengste gelewer as onder rip-op-ry.

Voersorghum in wisselbou met mielies onder rip-op-ry hoër

biomassa-opbrengste gelewer het as onder verminderde

bewerking.

Sojaboonaanplantings ‘n totale mislukking was.

By al drie proefpersele is gevind dat sojabone onegalig opgekom

het en dat die onegaligheid vir ten minste ‘n maand duur waar op rip-

op-ry geplant is. Op ‘n meer ferm saadbed, soos met verminderde

bewerking, is die opkoms en vroeë ontwikkeling meer egalig en

vertoon die stand meer groeikragtig.

Om onegalige stande te voorkom, behoort primêre bewerkings

soos rip-op-ry direk na die oes van vorige seisoen te geskied. Later

gaan die rip-op-ry-sojabone dié van verminderde bewerking verby,

maar ‘n plantestandverlies gedurende die eerste maand is meestal

‘n blywende nadelige gevolg.

Teen die agtergrond van die feit dat die verminderde bewerking en

rip-op-ry-bewerkings vir ‘n aantal seisoene op dieselfde persele

gedoen is, kan die gevolgtrekking gemaak word dat as gevolg van

laer wateropname onder verminderde bewerking, grondwater-

oordrag van een seisoen na die volgende plaasgevind het – met

gevolglike hoër opbrengs in die volgende seisoen.

‘n Verdere gevolgtrekking is dat verminderde bewerking as ‘n

alternatief vir rip-op-ry in beduidende droë seisoene oorweeg kan

word. Dit bly egter steeds ‘n risiko om in ‘n droë seisoen te plant.

Erkenning

Die produsentemedewerkers mnre Danie Minnaar (Kroonstad),

Lourens van der Linde (Wesselsbron) en Thabo van Zyl (Losdoorns)

word bedank vir die entoesiasme, toewyding en insetkostes

waarmee hulle die proewe uitgevoer het.

Insetverskaffers, soos Omnia, Pannar en Syngenta word ook

bedank vir hul volgehoue belangstelling en insetkostes met die

proewe.