Background Image
Previous Page  122 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 122 / 128 Next Page
Page Background

Kontak: Bethlehem 058 303 4690 | Reitz 087 358 8111

VKB Beleggings (Edms.) Bpk. is ‘n goedgekeurde Finansiële Diensteverskaffer FDV 4813

vir die

LIEFDE

van die

LAND

| www.

vkb

.co.za

Verskaffer

van ‘n wye reeks saad van

uitgesoekte maatskappye

Wintergewasse

• Koring - Droëland & Besproeiing

• Hawer

• Rog

Somergewasse

• Sonneblomme

• Sojabone

• Mielies

• Droëbone

Weidingsgewasse

• Lusern

• Oulandsgras

• Tef

• Akkerbone

• Radyse

beproefde

genetika

Bekende handelsname

begin “die pad saam” stap

D

ie gesamentlike bemarkingsarm van VKB en Sensako,

bekend as Senseed, is onlangs bekend gestel. Die ontwik-

keling het ten doel om die bestaande produkreeks van

Sensako, asook verskeie saad- en weidingreekse van ander

verskaffers, aan produsente te verskaf. Die doelwit is om in elke

produsent se behoefte aan kwaliteit saad van beskikbare kultivars

te kan voorsien.

VKB is ‘n gevestigde maatskappy wat reeds in groot gedeeltes van

die produksiegebiede finansiering en produksie-insette verskaf.

Sensako is ook reeds lank in die saadbedryf en is trots daarop om

steeds ‘n eg Suid-Afrikaanse maatskappy te wees. Die maatskappy

spits hom toe op die ontwikkeling van produkte vir die Suid-

Afrikaanse mark met die doel om ons plaaslike produsente wins­

gewend en in produksie te hou.

Die vrystelling van nuwe kultivars vereis intensiewe opbrengstoetse,

asook uitstekende graankwaliteit – waarvoor veral die maatskappy

se koringreeks bekend is.

Kultivarkeuse bly ‘n belangrike produksiebesluit en die keuse moet

by elke produksiestelsel se vereistes inpas.

Watter inligting is beskikbaar om die belangrike keuse te ondersteun?

Die

Kultivargids vir die somerreëngebied

van Senseed deel beskik-

bare inligting oor die reeks produkte.

Sensako se produkte, wat die staatmaker SST-koringkultivarreeks vir

droëland en besproeiing, SNK-wit- en -geelmielie- (konvensioneel),

SSL-lusern-, SSS-sojaboon-, SSR-rog- en SSH-hawerkultivars vir

weiding, baal en graan insluit, word ook deur Senseed versprei.

Die nuwe durumkultivars, SSD 8154 en SSD 8133, wat skoonskip

maak in die gespesialiseerde nismark wat opbrengs, staanvermoë

en pastakwaliteit betref, word bemark. Verder is ‘n uitgebreide reeks

somer-, weidings- en peulgewasse en grasse van verskeie verskaf-

fers ook by Senseed beskikbaar.

Verdere inligting oor die produkreeks, kultivareienskappe, opbrengs-

resultate, saadbeskikbaarheid en bemarkers om te kontak vir die

komende produksieseisoen, is beskikbaar op Sensako en VKB

se webtuistes.

Sensako kultivars word versprei deur Senseed – deel van die

VKB-groep.

Dr Willem Otto,

bemarkingskoördineerder: Sensako

Produk-inligting

Graan SA/Grain SA