Background Image
Previous Page  121 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 121 / 128 Next Page
Page Background

< 119

www.nampo.co.za

SAAD

NAMPO 2017

Maak gerus weer ‘n draai by die Pannar stalletjie op NAMPO Park.

Produk-inligting

Graan SA/Grain SA

Nuutste tegnologie

vir produsente ingespan

A

frika het die potensiaal om een van die broodmandjies

van die wêreld te wees. Daar is enorme geleenthede om

produktiwiteit deur tegnologiese innovasie te verbeter.

Beter kultivars en produksiepraktyke het ‘n domino-effek op

boerderywinste en lewenstandaarde.

Indien landbouproduktiwiteit op hierdie kontinent verbeter kan

word, sal dit ‘n groot impak op die maatskaplike, ekonomiese en

voedselsekerheidskwessies van Afrika hê. Pannar se leuse “Saam

boer ons vir die toekoms” is ‘n leefwyse en produsente word beskou

as strategiese vennote in hierdie strewe – saam kan ons Afrika se

bevolking volhoubaar voed.

Graan SA se NAMPO Oesdag is vir Pannar ‘n belangrike gebeurtenis

om plaaslike produsente, asook internasionale gaste en produsente,

te ontmoet. Jy word uitgenooi om met die span te kom gesels en

moontlik sodoende ‘n paar nuwe idees huis toe te neem.

Kom kyk gerus hoe wêreldklastegnologie ingespan word om immer-

verbeterende saadprodukte, insluitend nuwe mieliebasters met

tweede generasie-stronkboorderbeskerming vir jou te bied. Die maat-

skappy het ‘n volledige gewas- en kultivarportefeulje en daarom kan

die regte kultivars vir die behoeftes van jou boerdery verskaf word.

Samesprekings om landboubesighede te konsolideer is deesdae

gereeld in die nuus. Pannar is in 2013 van ‘n maatskappy in privaat

besit na ‘n publieke maatskappy omskep as gevolg van die oorname

deur DuPont. Die vraag kan nou met reg gevra word: Waarom die

verandering en wat gaan verander? Terselfdertyd kan ‘n mens ook

vra wat dieselfde bly?

Peet van der Walt,

advertensiebestuurder: Pannar Saad

Die grootste verandering is die roete na produk-ontwikkeling en

identifisering. Die oplossing lê in innovasie en tegnologie en hier

word gepraat van al die moderne teeltegnieke soos byvoorbeeld pre-

sisiefenotipering, merker-ondersteunde teling, genoommodulering

en geentipering – almal tegnieke om teling van verbeterde kultivars

te versnel en akkurater te doen.

Hiermee saam dra ‘n gesofistikeerde toets- en seleksieprogram by

dat die regte produkte wat aan produsente se plaaslike vereistes

voldoen, geïdentifiseer en beskikbaar gestel word. Dit plaas Pannar

in die unieke posisie waar daar plaaslike kiemplasma en ervaring in

teling van meer as 59 jaar gebruik kan word om beter-presterende

produkte tot voordeel van die plaaslike produsent te ontwikkel.

Vir die maatskappy bly dit belangrik om op ‘n volhoubare, ver-

antwoordelike en verantwoordbare wyse met ons produsente en

besigheidsvennote besigheid te doen. Pannar is ook verbind tot

sy produsente. Die verbintenis word in die slagspreuke van ons

advertensieveldtog weerspieël:

Jou drome – ons advies

Jou risikobestuur – ons prestasie en stabiliteit

Jou passie – ons ondersteuning

Jou winsgewendheid – ons veelsydigheid

Pannar is tot ‘n geheelplaasbenadering verbind met sy multi-

gewaskundigheid om gewasproduksie te optimaliseer. Ons verstaan

die belangrike rol van produsente in die gemeenskap en as ‘n besig-

heidsvennoot en ons dra by om hul ondernemings uit te brei, want

“saam boer ons vir die toekoms”!