Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

4

w

at gaan 2018 vir ons as graanprodusente en as

landsburgers inhou? Ek wonder nogal wat ons sou

gedoen het as ons van ‘n paar van die onsekerhede

vooraf geweet het – sou dit enigsins gehelp het om

die toekoms beter aan te pak?

Verlede jaar hierdie tyd het ons van ‘n hersteljaar gedroom. Met lae

graanpryse en droogte in die Wes-Kaap was daar egter min tekens

van herstel.

Met die skrywe hiervan het die onmoontlike toe ook moontlik ge-

raak: President Mugabe van Zimbabwe het bedank. Dit wil 'n mens

dié moed gee dat selfs die mees lojale ondersteuners aan die einde

van hulle geduld kom. Hierdie gebeure sal beslis ook ‘n uitwerking

op Suid-Afrika hê – polities en ekonomies.

Om te spekuleer en voorspellings vir 2018 te probeer waag, het

menige mense al op hul neuse laat kyk. Daarom is my advies dat

jy fokus op dít waaraan jy iets kan doen om jou boerdery volhou-

baar te hou: Die bestuur van jou risiko’s en die bestuur van jou

inkomste en uitgawes.

Ons het al oor die jare gesien hoe innoverend die Suid-Afrikaanse

graanprodusente is en dat hulle as die bestes in die wêreld gesien

word. Dit is veral op die uitgawe-kant waar die vryemark ons pro-

dusente die afgelope 20 jaar geslyp het. 2017 se surplusse en lae

pryse was egter slegte medisyne wat ons net weer herinner het dat

ons op die inkomste-kant ook moet fokus. Ons gaan altyd prysne-

mers wees, maar die bestuur van prysrisiko bly iets waaraan ons kan

aandag gee.

Die rol van Graan SA vir 2018 gaan wees om die werk ten opsigte

van die verbetering van opbrengste van al ons grane deur middel

van die navorsing wat ons doen en die vennootskappe wat ons sluit,

voort te sit. Ons gaan verder poog om toegang tot markte (plaaslik

en internasionaal) met die oog daarop om surplusse aan te spreek, te

vergroot en ons gaan toesien dat die beleidsomgewing verbeter om

volhoubaarheid te verseker.

In hierdie onstuimige tye waar die landbousektor bitter alleen gelaat

word, sal ons voortgaan om kollektief namens produsente op te tree

en ‘n tuiste te skep waar ons mekaar “hoor” en aksies neem om om-

standighede op die plaas te verbeter.

Ek wil tog dink dat ons as organisasie meer tyd moet inruim om

mekaar se laste te dra. Die ondersteuning aan landbou is maar oor

die algemeen gering en daarom raak ons ook, wat dit betref, al

meer op mekaar aangewese. Dit sal beslis ‘n nuwe uitdaging in

2018 wees.

Graan SA sal graag dáár wil wees vir elke lid as hy/sy alleen

besluite moet neem tydens planttyd of verkooptyd of as daar rampe

op hande is – of bloot net as daar ‘n negatiewe veiligheidsituasie is.

Ek neem ook waar dat al die addisionele laste wat die staat op die

burgers van ons land afskuif, letsels op die leiers in landbou laat. Hul

vragte word net al swaarder.

Tog bly ons nie net as landbouers nie, maar as gelowiges, positief

oor die toekoms. Dit is iets wat in ons DNS is en wat nie droogte

of storm kan uitwis nie. Ons beroep op ons lede is dat ons nie nou

sal terugtrek en laer vorm nie, maar sal uitreik na ons medeprodu-

sente en in 2018 mekaar se laste sal help dra.

Voorspoed vir 2018!

Fokus op dít waaraan

jy iets kan doen

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

Tog bly ons nie

net as landbouers nie,

maar as gelowiges,

positief oor die

toekoms. Dit is iets

wat in ons DNS is en

wat nie droogte of

storm kan uitwis nie.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Januarie 2018