Background Image
Previous Page  3 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 44 Next Page
Page Background

1

January 2018

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Dirk Coetzee, Jannie de Villiers, dr Dirk Esterhuizen, Alzena Gomes, ds Koos Kirsten, Dirk Kotze, Glenneis Kriel, Erna Kruger, Corné Louw, Jane McPherson, Jolanda Nortjé,

Lisa Rothmann, Ruth Schultz, Suzette Smalberger, dr Hendrik Smith, dr Robert Steynberg, dr Dirk Strydom en Luan van der Walt

“m

a, ek is verveeld. Wat kan ek doen?” Klink

dit bekend? Ek dink enige ma met kinders

op skool kan hiermee identifiseer. En dit

is gewoonlik sommer teen dag twee van

die ellelange Desemberskoolvakansie wat

hulle met dié deuntjie begin...

‘n Mens probeer om skermtyd (die nuwe gonswoord) tot die minimum

te beperk, maar as ek my kom kry, lê ons kinders voor die televisie of

speel hulle op hul tablette. Gelukkig het hulle nog nie slimfone nie! (Ek

sien ‘n mens kry nou tot ‘n spesiale toepassing [

app

] wat jou help om

‘n perk te plaas op die tyd wat jou kind op die slimfoon of tablet span-

deer!) Ek weet nie of dit net die geval is met stadsjapies en of ouers

op die plaas dit ook so ervaar nie?

Ry kinders ooit nog fiets? Bou hulle deesdae nog plase onder die

koeltebome of baljaar hulle ooit in ‘n boomhuis? Help hulle Pa in die

vakansietyd boer? Weet hulle nog van kleilatgooi en in die plaasdam

swem? Of word daar nou net

Xbox

gespeel, op sosiale media gesels

en

Netflix

gekyk? Ja, tye het verander. Vandag se kinders word van ‘n

baie jong ouderdom af aan tegnologie blootgestel en enige inligting is

met die druk van ‘n knoppie of twee beskikbaar. ‘n Mens moet by ver-

anderende omstandighede aanpas en jou kinders van kuberruimteboe-

lies leer (glad nie meer “kry jou agter die fietsloods” nie!) en hoe om

sosiale media verantwoordelik te gebruik.

Veranderende tye

SA Graan/Grain

pas ook by veranderende tye aan. Lesers sal agterkom

dat die

Graangids

(wat jaarliks saam met hierdie uitgawe verskyn) ‘n

gedaanteverwisseling ondergaan het en spog met ‘n splinternuwe

uitleg- en aanbiedingstyl – juis om in pas te bly met die moderne le-

ser se leesgewoontes: Kort, bondige artikels, kleurvolle grafika, web-

skakels en QR-kodes wat hulle na ‘n meer omvattende artikel kan neem

– sou hulle meer oor die onderwerp wil lees.

Dr Hendrik Smith (Graan SA) en Erna Kruger (Mahlathini Development

Foundation) gee op bladsy 20 terugvoer oor die Bewaringslandbou

Boere-innoveringsprogram wat ten doel het om die implementering

van bewaringslandbou in kleinskaalboerderystelsels in Suid-Afrika

te verstaan, te verbeter en te fasiliteer. Die produsentgesentreerde

innoveringstelselnavorsingsproses wat die program ondersteun, is

daarop gebaseer dat daar intensief met produsentleerdergroepe en

plaaslike fasiliteerders gewerk word om bewaringslandbou na geselek-

teerde dorpies en studie-areas uit te brei.

Gedurende gereelde studiegeleenthede of werkswinkels neem pro-

dusente waar, analiseer en assesseer hulle wat in die proewe gebeur

en bespreek hulle toepaslike besluite en bestuurspraktyke met die

oog op deurlopende aanpassing. Hierdie proses het reeds bewys dat

dit enorme potensiaal inhou om broodnodige oplossings en geleent-

hede vir kleinskaalse produsente wie se bestaan afhanklik is van reën-

gevoede gewasproduksiestelsels, op te lewer. Dalk moet ons almal

(en ek preek vir myself die hardste) ‘n bietjie harder in die nuwe jaar

probeer om by veranderende omstandighede aan te pas.

Groetnis tot volgende keer.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

T

he Minister of Science and Technology, Naledi

Pandor, at the end of October last year officially

launched a research platform at Stellenbosch Uni-

versity, to boost the development of more sustain-

able wheat varieties. According to

GLENNEIS KRIEL

(

SA Graan/Grain

contributor) –

page 22

– the Wheat

Breeding Platform was initiated by the private and

public sector as part of a greater strategy aimed at

reviving the wheat industry and in effect enhancing

food security in the country.

G

rain SA has been involved in farmer develop-

ment since its inception in 1999. Since the

inception of the farmer development programme,

they have relied on the generous support of the

grain trusts for the major funding of the pro-

gramme. However, since the 2016/2017 financial

year, they were very fortunate to have had new

partners assist with the funding for the pro-

gramme. ‘Without these new partnerships, we

would have had to scale down on the programme

and as a consequence lose some of the momen-

tum that has been gained from the efforts made

over the preceding years,’

JANE MCPHERSON

(Grain SA) tells readers on

page 10

.

T

he Maize Trust celebrated its 20th anniversary

in September last year. At this celebratory event

they gave an overview of the trust since its incep-

tion and industry role-players had the opportunity

to tell guests what the trust has meant to them over

the years.

RUTH SCHULTZ

(

SA Graan/Grain

con-

tributor) attended the function. More on

page 24

.

D

ie Grain Academy – ‘n sakeleierskapsontwikke-

lingsprogram – fokus daarop om ‘n slimboer-

denkwyse en -benadering tot die landbou te vestig

en om gegradueerdes aan te moedig om dít wat

hul geleer het, met ander in die landboubedryf te

deel. Na afloop van die vyfde jaarlikse Grain Acad-

emy, het

ALZENA GOMES

(Graan SA) by twee van

die gegradueerdes van die jongste groep, Preline

Swart en Petru Fourie, ingeloer en aan hulle ‘n paar

vrae gevra. Lees meer daaroor op

bladsy 32

.

D

IRK COETZEE is gebore en getoë op

Petrusburg. Na skool voltooi hy sy

B-graad in Sosiale Wetenskappe en ‘n Hon-

neursgraad in Bedryfsielkunde by Kovsies.

Hy het ook sy LLB-graad deur UNISA ge-

doen.

Hy verhuis na Gauteng, waar hy vir ‘n aan-

tal jare in die sekuriteitsbedryf gewerk het.

Dirk het ook ‘n draai by TWK Landbou op Piet Retief gemaak, voordat

hy hom op Bothaville as arbeidsverhoudingspesialis gevestig het.

“Wat vir my ongelooflik van my beroep is, is die verligting wat ‘n

mens by jou kliënte sien as jy ‘n CCMA-saak en/of -inspeksie suk-

sesvol afgehandel het. Hierdie beroep hou jou op jou tone en daar is

verseker nooit ‘n vervelige oomblik nie.” Dirk is getroud met Hester

en hulle het ‘n dogter, Giselle. Wanneer hy nie besig is ommet arbeid-

sake te stoei nie, hou Dirk daarvan om houtwerk te doen en spandeer

hy ook baie tyd aan skiet as sport.

Lees gerus sy artikel

“Buite die boks”-boerdery – ‘n menslike hulp-

bron-perspektief

op bladsy 31.