Background Image
Previous Page  146 / 154 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 146 / 154 Next Page
Page Background

130

GRAANGIDS

2016

GRAIN GUIDE

MOMENTUM

’n Eerste in ons bedryf

finansiële welstand

vir lede van Graan SA

en hul plaaswerkers

Graan SA en Momentum het met ’n opwindende nuwe strategiese vennootskap

saamgespan om ’n innoverende finansiële welstandsplan uitsluitlik vir lede en

hul plaaswerkers beskikbaar te stel. Hierdie plan stel werkgewers in staat om in

sleutelbehoeftes van plaaswerkers in verskillende salarisgroepe te voorsien.

Onlangse navorsing deur Momentum het die volgende sleutelbehoeftes van

plaaswerkers geïdentifiseer: begrafnisvoordele, opvoedingsvoordele vir kinders,

hospitaal-kontantvoordele, lewens-en ongeskiktheidsdekking en spaarplanne.

Die talle voordele van Momentum se benadering rakende die finansiële

welstand van die onderneming sal Graan SA se lede die gemoedsrus bied dat

hul werknemers gerus kan wees oor hul sleutelbehoeftes en bekommernisse.

Plus:

• die planne is deursigtig, bekostigbaar, verstaanbaar, bekombaar en bruikbaar.

• die gemak en eenvoud van administrasie verseker dat plaaswerkers die

maksimum voordele teen hoogs mededingende premies kan kry.

Kyk gerus na die voordele wat

vir so min as R29.00 per maand

aangebied word!