Background Image
Previous Page  120 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 120 / 124 Next Page
Page Background

< 118

www.nampo.co.za

NAMPO 2015

Oesdag/Harvest Day

Ploegkompetisie beloof

weer eens baie opwinding en aksie

Lara de Goede, bemarkings-

assistent, Tubestone

Die

tyd het aangebreek vir Graan SA

se NAMPO Oesdag 2015 en een van

die hoogtepunte hiervan is die Nasio-

nale Ploegkompetisie in die vorm

van die Graan SA, BKT en Tubestone

Ploegkompetisie.

Dit sal die derde opeenvolgende jaar

wees wat die ploegkompetisie deel van

die NAMPO-program vorm en is nou

al ‘n hoogtepunt vir Oesdaggangers. In

November verlede jaar het die ploeg-

seisoen afgeskop met die eerste kom-

petisie wat in Hennenman, Vrystaat,

aangebied is. Dié kompetisie het van 14

tot 15 November verloop waarna die

tweede kompetisie op Mooirivier, Kwa-

Zulu-Natal, by die Weston Kollege ge-

hou is. Die seniorfinaliste wat deurdring

na NAMPO is sover: Mnre Paul Voster

sr en Paul Voster jr – albei van Hennen-

man asook mnre Warren Blake en

Johan Buys van Mooirivier, KwaZulu-

Natal. Toeskouers sal vanjaar weer ‘n

paar bekende gesigte by die ploegkom-

petisie opmerk: Mnre Warren Blake

en Johan Buys sal vir ‘n tweede keer

teen mekaar kompeteer en dit sal ook

die Vosters se derde jaar in ‘n ry by die

ploegkompetisie op NAMPO Park wees.

Die Suid-Afrikaanse Ploegorganisa-

sie (SAPO) het verlede jaar ‘n junior-

kategorie gestig, wat van dag een af

‘n reuse-sukses was. Die jongmense het

die kans aangegryp om die kuns van

ploeg aan te leer en toon baie potensiaal

– ‘n goeie teken vir die toekoms van

ploeg. Vanjaar gaan daar sover twee

juniorfinaliste deur na NAMPO: Mnre

Wikus Adendorff van Hennenman,

Vrystaat, en Gus Alberts – ‘n leerder

van Weston Kollege op Mooirivier,

KwaZulu-Natal. ‘n Derde ploeg-

kompetisie word beplan vir April op

Magaliesburg en sal nog senior- en

junior finaliste vir NAMPO oplewer.

Verlede jaar is die ploegkompetisie-

finaliste behoorlik getoets deur die

klipharde grond van die ploegvelde. Dit

het uiterse goeie tegniek en ervaring

geverg om te wen. Die manne moes be-

hoorlik uithaal en wys, maar het hulself

goed van hul taak gekwyt en weer eens

bewys “‘n boer maak ‘n plan”.

Hierdie jaar het die ploegkompetisie-

span voorsorg getref en word die grond

in die bekwame hande van Voster sr en

sy span gelos. Hulle gaan die grond goed

voor die tyd bewerk om te verseker dat

alles glad verloop op die dag van die

kompetisie. 2014 was ‘n geskiedkun-

dige jaar vir SAPO asook Suid-Afrika

met hul eerste deelname aan die Wêreld

Ploegkampioenskappe in Frankryk.

Mnr Willie Ludik het Suid-Afrika ver-

teenwoordig en het uitstekend gevaar.

Vanjaar het ons twee verteenwoor-

digers wat aan die Wêreld Ploegkam-

pioenskappe 2015 in Denemarke gaan

deelneem. Mnr Robèrt Venema gaan in

die omslagploegkategorie meeding en

Voster sr, wenner van die Hennenman

ploegkompetisie en finalis by NAMPO

2015, in die konvensionele ploeg-

kategorie.

SAPO het baie tyd spandeer om die

beoordelaars op te lei en ondervin-

ding te bied, soveel so dat me Susan en

mnr Rudi du Toit gevra is om te help

beoordeel by die Wêreld Ploegkom-

petisie wat verlede jaar plaasgevind

het. Die beoordeling by die Oesdag

gaan dus op internasionale standaarde

wees – en streng. Die deelnemers wis-

sel van vaardige veterane tot begin-

ners, maar een ding is seker: NAMPO

2015 gaan ‘n tawwe kompetisie wees

en besoekers moet dit nie misloop

nie! Mnr du Toit is die ploegmeester

by vanjaar se NAMPO Ploegkompeti-

sie en sal ook dien as die skakel tussen

SAPO en die media. Die hoofbeoorde-

laar by die senior ploegkategorie is

mnr Roy Fuller en die medebeoorde-

laars is me Susan du Toit van SAPO,

mnr Johan en me Irene Lötter van

Tubestone en mnr Kobus van Straaten.

Me du Toit sal die hoofbeoordelaar wees

vir die junior ploegkategorie.

Die ploegkampioenskappe vind plaas

by die Noordhek van NAMPO Park en

almal word uitgenooi om te kom deel

in die opwinding en om dié wonderlike

sport in lewende lywe te ervaar. Toe-

skouers kan ook SAPO se stalletjie be-

soek vir meer inligting oor die sport en

hoe om by ploegkompetisies betrokke

te raak. Tubestone is die hoofborg van

die ploegkompetisie en sal ook hul uit-

stekende landboubandereeks, BKT, en

passasiersbandereeks, Nankang, by die

Oesdag uitstal. Die maatskappy bied

unieke dienste soos die TLC-program

asook die Free Your Way Guarantee.

Meer inligting oor hierdie dienste is

op hul webtuiste beskikbaar. Vir meer

inligting oor SAPO, kontak gerus vir

Rudi du Toit by 079 517 3966

of

rudi@tubestone.co.za

of kontak

Susan du Toit by 072 560 8331 of

susan@tubestone.co.za

.

Besoek ook

hul

Facebook

-bladsy, South African

Ploughing Organisation (SAPO) en

webtuiste

www.saploughing.co.za

.

Tydens NAMPO 2014: Paul Voster sr (die

tweede Suid-Afrikaanse verteenwoordiger

na die Wêreld Ploegkampioenskappe in

Denemarke 2015), Robèrt Venema (wenner

van die 2014 Graan SA, BKT en Tubestone

Ploegkompetisie en die Suid-Afrikaanse

verteenwoordiger na die Wêreld Ploegkam-

pioenskappe in Denemarke 2015), André

van Rensburg (derde) en Rudi du Toit

(ploegmeester van SAPO).