

Die Nr.1 Sonneblomtafel!
Voorraad NOU beskikbaar!
(018) 632 0362 Kantoor - (082) 333 1330 Francois - (082) 707 6051 Jonathan
3 JAAR
WAARBORG
Kontak ons vir meer inligting.
OP PLAASVLAK
Bewaringslandbou
Tans is daar ‘n groot aantal produsente wat die opinie huldig dat
grondbewerking juis die infiltrasie van reënwater bevorder. Dit is
waar, maar slegs vir die eerste paar millimeter reën wat val. Sou die
doel van bewerking juis wees om die waterinfiltrasie te bevorder,
sou die grond na elke 10 mm tot 20 mm reën bewerk moes word om
die infiltrasiekors op te hef – iets wat op plaasvlak waarskynlik nie
net onekonomies gaan wees nie, maar ook onprakties.
Hoe groot die gemiddelde opbrengsgaping van ons gewasse is,
is onbekend. Wat wel seker is, is dat daar wel ‘n opbrengsgaping
bestaan en dat dit baie verklein kan word deur van konvensionele
grondbewerking na bewaringslandbou oor te skakel.
Twee belangrike beginsels van bewaringslandbou is die behoud
van oesreste en die minimum versteuring van grond (of selfs geen-
bewerking indien die grond daarvoor geskik is). Die gevolg van
die toepassing van dié twee beginsels is die beperking en voor-
koming van infiltrasiekorse, die verbetering van grondkwaliteit,
die verbetering in infiltrasie en dus die vermindering in afloop en
erosie. ‘n Ander groot positiewe impak hiervan is die verminde-
ring in verdamping vanaf die grondoppervlak – tot soveel soos 70%
van die grondvog gaan só verlore vanaf kaal grond.
Hoër opbrengste en die verkleining van die opbrengsgaping is
dus moontlik op grond waarop infiltrasiekorse vorm en tans onder
konvensionele bewerking is.
Die ironie is dat dit nie noodwendig deur nuwe hoogs tegnologiese
vordering met bemesting, kultivarontwikkeling of presisieboerdery
teweeggebring kan word nie, maar dat dit slegs vereis dat van die
graanproduksiepraktyke verander moet word.
Bronne
Bennie, ATP en Hensley, M. 2001.
Maximizing precipitation utilisation in dryland
agriculture in South Africa
– a review. Journal of Hydrology, 241, 124 - 139.
Sadras, V, Grassini, P en Steduto, P.
Status of water use efficiency of main crops
.
FAO.
Stern, R, Laker, MC en Van der Merwe, AJ. 1991.
Field Studies on effect of soil
conditioners and mulch on runoff from kaolinitic and illitic soils
. Aust. J. Soil Res.
29, 249 - 261.
Hoër graanopbrengste
in die toekoms moontlik
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– AJ van Rooyen 2016