Background Image
Previous Page  6 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 124 Next Page
Page Background

4

e

k het die afgelope klompie maande

‘n interessante verskynsel beleef:

Daar het op ‘n gereelde basis iets

sommer baie positiefs met my per-

soonlik of met Graan SA gebeur

om maar net weer in ‘n baie kort

oomblik gevolg te word deur iets slegs aan

die teenoorgestelde pool van die lewe.

Dit is soos tafeltennis. Die verskynsel van

vreugdediewe is nie vir my iets onbekends

nie, maar die absolute tydsberekening daar-

van en die hoë vlak van intensiteit was beslis

anders. My emosionele grense van op en af

was erg getoets. Een dag word prominente,

lojale ondersteuners van Graan SA sommer

‘n opponent en die volgende dag kom daar ‘n

kompliment vanuit ‘n geweste wat jy nooit ver-

wag het nie. Ons beleef groot deurbrake met

sake waarmee ons al jare stoei, om maar net

weer die volgende dag ‘n nuwe berg te ontdek

wat ons moet oor.

Dit is seker hoe ‘n weermark ook werk. As daar ‘n kans vir reën is,

daal pryse in oormaat en as dit nie goed lyk nie, klim dit sommer

baie. Uiterstes is natuurlik ‘n wonderlike teelaarde vir konflik, span-

ning en misverstande. Dit is in sulke tye wat jou karakter getoets en

gebou word.

Een van my mentors het dit jare gelede aan my uitgewys dat ‘n

mens maar min leierskap nodig het as alles vlot gaan, maar dat dit

in die moeilike tye is wat jy dit nodig het – dan is selfbeheersing,

geduld en geloof van die vakke wat jy sal moet slaag om na die vol-

gende vlak te kan beweeg. Daar is ‘n gesegde wat sê dat as die stu-

dente eksamen skryf, is die professore en lektore doodstil. Dit is juis in

dié stilte wat ons as organisasie onsself nou bevind.

Ons leierskapvergaderings is baie intens, ernstig en beslis rigting-

gewend vir die toekoms. Die span leiers is toegewyd aan die saak

van die graanprodusent en hulle pak die sake met groot erns aan.

Die organisasie is baie gelukkig om sulke manne en vroue aan die

stuur van sake te hê. Hulle maak klokslag die kopskuif om van plaas-

vlak na nasionale probleme oor te skuif.

Die hoofbestuur van Graan SA het vroeg in Februarie vergader en

alhoewel die inhoudelike van die vergadering baie goed was, was

die gemoedstemming glad nie lekker nie. Die somergrane was be-

sig om te verdroog en alle moontlike lewe in die plante (en hulle

eienaars) was vinnig besig om te kwyn. Daar is selfs uitgewys dat

die huidige regering nog nie ‘n algemene droogte beleef het sedert

hulle aan bewind gekom het nie. Dit het ‘n hele waterval van emo-

sies losgemaak.

Eskom gaan alreeds ver uit hulle pad om die ekonomie te sink en ‘n

droogte met rampspoedige gevolge vir die landbou en platteland

gaan regtig ‘n moeilike kombinasie wees. Die tweede helfte van

Februarie gaan beslissend wees. Dit bly maar moeilik om te keer dat

‘n mens se gedagtes met jou op hol gaan. Ons enigste rem in dié

geval is ons geloof: Ons krag lê egter in stil wees en vertroue!

Dit is in hierdie tye van tafeltennis-emosies wat ons ankers moet hê

om ons deur te dra – hierdie ankers is ons geloof en manne en vroue

wat al menigmaal deur hierdie prosesse gegaan het. Sterkte!

TAFELTENNIS

op sy beste

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

...dat dit in die moeilike

tye is wat jy dit nodig het

– dan is selfbeheersing,

geduld en geloof van die

vakke wat jy sal moet

slaag om na die volgende

vlak te kan beweeg.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Maart 2015