Background Image
Previous Page  14 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

12

GRAAN SA

Die staat se mikpunt is dat die besighe-

de ‘n mentor het wat self in die area boer,

met dieselfde boerderyvertakkings en wat

toesig hou oor die projek, tot almal se voor-

deel. Tyd is saam met elkeen spandeer, so-

dat elkeen sy verantwoordelikhede onder

die knie kon kry.

Kaap-Agri se Akademie in Porterville bied

‘n baie goeie boerderyontwikkelings/aka-

demieprogram aan wat baie besigheids- en

bestuurswyshede asook boerderyprakty-

ke hanteer.

Daar is ook by Graan SA se opleidings-

kursusse ingeskakel. Die besigheid se be-

hoeftes en tekortkominge is soos volg

geïdentifiseer:

Masjineriekontrakkostes

Sekuriteit: Identifiseer eiendom

Onkundigheid: Opleiding

Karakterboukursusse

Langtermyndoelwitte: Beplanning

Kinders se toekoms: Werk met kinders

deur hul pa’s

Daar is aan die begin besluit dat winste so

ver as moontlik in die besigheid terugge-

ploeg moes word. Die gedagte was om

‘n deposito bymekaar te maak vir ‘n eerste

stap (

stepping stone

) (‘n bekostigbare plaas),

wat kon lei tot ‘n ekonomiese eenheid.

Stap 4: Eie grond/sekuriteit

Dié fase het die aankoop van eie land-

bougrond behels. Hierdie besit van eien-

dom het ‘n volwassenheid in elkeen bewerk.

Dit vereis nog meer verantwoordelikheid

omdat dit dalk maklik is om iets te koop en

te onderhou, maar dit is ‘n groot uitdaging

om iets te groei tot finansiële onafhanklik-

heid (met boonop vyf gesinne wat saam in

die besigheid is).

Dit is ‘n uitdaging om ‘n paaiement te be-

taal en ook te ontwikkel op ‘n nuwe plaas.

Dit het egter gedien as ‘n verpligte bespa-

ring, wat ‘n bate is, om sekuriteit te skep.

Om by ‘n ekonomiese eenheid uit te kom,

sou ‘n mens egter êrens moes begin.

Nou moes ‘n kultuur van rentmeesterskap

geskep word. ‘n Eienaar dink lang termyn,

terwyl ‘n huurder kort termyn dink. ‘n

Eienaar investeer, terwyl ‘n huurder ont-

trek. Identiteitvaslegging en geloofsgroei

is waar iemand beweeg vanaf slaaf na

seun van God.

Daar sou nou meer op hulle eiendom ge-

werk word, dus moes goed beplan word,

want dit sou beteken dat minder aandag

aan Windheuwel spandeer sou word. In

ons geval is daar in jaar sewe ‘n plaas van

450 ha aangekoop.

Stap 5: Eienaarskap

Verantwoordelikheid en groei kan nie

van iemand verwag word sonder om eie-

naarskap aan daardie persone te gee nie.

Jy kan ook nie oorwinning verwag oor on-

derliggende persoonlike sake, as jy nie ook

bereid is om vryheid en spasie aan daar-

die persone te gee om hulle eie besluite te

maak en die gevolge daarvan te dra nie.

Elkeen moet sy eie kruis optel. Dit is egter

ook belangrik om te beweeg van “elkeen vir

homself” na “elkeen vir die familie.” Dit is

hier waar ‘n paar mense “uit die bus” geval

het. Gelukkig hanteer die Here self hierdie

ongemaklikhede.

Die familie, die “wedstryd” en ons getuienis

is groter as die individu. Tot ‘n groot mate

is dit waar die jongmense vashaak. Jy kan

nie nou meer mense probeer manipuleer

vir jou eie begeertes nie. Jy moet self God

jou bron maak en op Hom staatmaak vir die

aanmekaarsit van jou toekoms. Ook moet

jy nederig besef dat Hy deur hulle rondom

jou gaan werk en dat jy hulle sal moet dien,

liefhê en jou

commitment

sal moet bewys.

Kwaliteitverhoudings bewerk ‘n kwaliteit

lewe. Dit was nou sinneloos om twee van

alles op die plase aan te hou. Toerusting vir

hulle boerdery en ook vir joune. Ons het

geleer dat die mate van potensiaal bepaal

word deur die mate van jou ondersteuning.

Die besighede sou beide vinniger verder

groei en vooruitgaan deur mekaar te on-

dersteun as om elkeen ‘n eie pad te loop.

‘n Inventaris van alle toerusting is derhal-

we opgestel. Hierdie toerusting is verdeel

tussen die vyf pa’s op die plaas. Elkeen van

hulle was teen hierdie tyd in elk geval reeds

verantwoordelik en werksaam met toege-

deelde toerusting.

Die vyf werkende seuns is elkeen na sy

pa geallokeer, sodat hulle as ‘n span ver-

antwoordelikheid kon neem. Al die toe-

rusting is in ‘n trust geplaas en finansiering

is daarvoor gekry. Aanvanklik het ek niks

vir myself uitgehou nie, maar met die oor-

skakeling na geenbewerking (

no-till

) op ‘n

groot gedeelte van my plaas, het ek toe

vir my ook ‘n kontrakbesigheid (‘n trekker

met ‘n geenbewerkingsplanter, rolmoer

en strooier) gestig. Elke pa het nou sy

eie kontrakbesigheid gehad. Die twee

besighede (Windheuwel en Genadeshoop)

het sewe jaar kontrakte gegee aan die

kontrak BK om funksies op die plase te

verrig. Hierdie aksie het die pa se outoriteit

oor sy seun gevestig.

Ook het die seuns iets gehad waarvoor

hulle saam met hul pa’s kon werk om dan

later weer by hom oor te neem. Dit gesê, het

verhoogde salarisse onmiddellik ‘n impak

gemaak op Genadeshoop en Windheuwel.

As daar samewerking en respek is, sal Hy

dit eer en geleenthede bygee om die somme

te laat klop.

Masjinerie sou nou tussen vyf en agt jaar

afbetaal word. Nou was daar ‘n motief om

harder te werk en ook om hektare by te

kry om masjinerie so gou as moontlik af te

betaal. Die skuif vanaf vennoot na eienaar

word gemaak in die volgende termyn. Die

manne wat nie skouer aan die wiel sit nie

en nie hulself aandryf om eienaarskap en

verantwoordelikheid te neem van hulle be-

sighede nie, sal hulleself in ‘n hoek dryf

en uitwerk.

Dit is vir die pa nodig om saam met sy

seun te betaal vir wat hulle bekom en

sodoende hulle besigheid saam opbou. As

my seuns plaas toe kom sal hulle hierdie

kontrakbesigheid moet deurwerk voordat

hulle meer kan kry. Ons hart is dat ons

kinders oorvat, maar hulle sal toetse moet

slaag, soos ons hulle moes slaag – dit is

deel van karakterbou.

Die afgelope 15 jaar was vol bonuslose

jare, swak salarisse, droogtes, uitdagings

en groot teleurstellings, maar ‘n mens se

karakter is versterk en verbeter om te wys

ons staan bymekaar. Ook moes ons wys

dat ons die Here toelaat om ons toekoms

te bestuur.

Ek wil ‘n beroep op elkeen maak: Ons moes

raaksien dat die vryheid en groei in ‘n eie

besigheid, die saamwerk en ondersteuning

met en vir jou naaste, tyd vir familie en

vriende, ‘n geleentheid om iets vir God

te doen, ‘n erfenis opbou vir ons kinders,

spaar vir ons oudag, spasie om ons pro-

bleme (

issues

) deur te werk en tyd vir God,

baie meer as geld werd is. Geld bevredig

in die kort termyn, maar los ‘n groot gat in

die lang termyn.

In die volgende uitgawe skryf Stephanus

Richter verder oor die res van die stappe

wat hulle op Windheuwel en Genadeshoop

Boerderye gevolg het. – Red.

Bemagtigingsmodelle

wat werk in die Wes-Kaap