

Die sleutel tot goeie risikobestuur is diversifikasie.
PANNAR se voortreflike geelbasterpakket met
verskeie groeiklasse en agronomiese eienskappe
behoort ’n goeie opbrengs op jou belegging te
lewer.Vertrou op PANNAR se geelbasters en
kundige advies vir optimale produksie.
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK
2016/YMAIZE/A/03A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaSaam boer ons
vir die toekoms
™
GEWAS TOT KRIP:
GEELBASTERS OM
DIE VEEBEDRYF
TE VOER.
UITSONDERLIKEPRODUKTE
ENGEWASPAKKETTE
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER
PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
57
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van
hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely
word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
GRAANMARK-OORSIG
‘n Minimum Safex-prys van R2 901/ton kan sodoende gerealiseer
word en ‘n prysstyging nog benut word. Daar is ook goedkoper
strategieë beskikbaar waar opsies gekombineer word en opsie-
premies subsidieer.
Die probleem met die strategieë is dat daar weer ander risiko’s of
beperkings bestaan. Dit kan wissel tussen plafonpryse of eie addi-
sionele inbetalings – veral as daar nie genoeg gelewer kan word nie.
Met enige verskansingstrategie bly produksierisiko ‘n probleem.
Sommige produsente oorbrug die probleem deur middel van die ge-
bruik van voorraad in privaat silo’s, maar nie almal het voorraad of
silo’s tot hul beskikking nie.
As ‘n vastepryskontrak aangegaan word, is die produksierisiko die
grootste. Daar sal gekyk moet word na hoe om dit te beperk.
Daar is ook nuwe weerafgeleide opsies om jouself teen hierdie
risiko’s te verskans. (Sien die artikel op bladsy 66 van dié uitgawe.)
Baie belangrik om te besef is dat ‘n mens wel net risiko’s beperk.
Wat is die risiko’s?
Potensiële hoë produksie kan wissel van prysdalings tot uitvoer-
pariteitsvlak.
‘n La Niña-verwagting kan druk op Amerikaanse produksie plaas.
Weer bly die bepalende faktor.
Winsgewendheid kan negatief teen uitvoerpariteitsvlak wees.
Produksierisiko kan ‘n probleem wees as te veel tonne verskans
word.
Die basis is belangrik om in ag te neem wanneer daar na bemar-
king gekyk word.
Dit gaan baie belangrik wees om ‘n deeglike bemarkingsplan vir die
komende seisoen op te stel en al die risiko’s – gegewe individuele
scenario’s – te bestuur. Daar is verskeie instrumente wat gebruik kan
word. Dit hang net af van die risiko-aptyt en finansiële posisie.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
OP PLAASVLAK