Background Image
Previous Page  18 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 44 Next Page
Page Background

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 28 November 2017

OP PLAASVLAK

d

ie waardebepaling van kommoditeite is in baie gevalle

nie alombekend nie, alhoewel dit ‘n belangrike rol in

die handelsvloei van verskillende kommoditeite tussen

verskillende lokaliteite – en selfs lande – speel.

Suid-Afrika ding onder andere in die internasionale

konteks met die meeste gewasse mee – hetsy dit aan die in- of

uitvoerkant is. Onder normale produksie-omstandighede oorskry

die Suid-Afrikaanse mielieproduksie oor die algemeen die plaaslike

verbruik en moet die land met lande soos Amerika, Argentinië en

Brasilië vir uitvoere na lande soos Japan en Suid-Korea kompeteer.

In ‘n seisoen soos die pas-afgelope een, waar die produksie van

omtrent 16,74 miljoen ton die land met ‘n uitvoerbare surplus

van ongeveer 5 miljoen ton gelaat het, is die waardebepaling van

mielies uiters noodsaaklik om vas te stel teen watter prysvlakke

Suid-Afrika werklik in die internasionale arena kompeterend sal

wees en waarop uitvoere gemaklik sal kan plaasvind.

Die een mees basiese manier waarop die waarde van die mielies

bepaal word, is deur middel van ‘n uitvoerpariteitsprys. Dit dien as

‘n tipe van ‘n indeksprys wat toon teen watter vlakke die plaaslike

mielieprys moet verhandel om daaraan ‘n waarde, gelykstaande

aan dié van mielies in ander dele van die wêreld, te gee.

Pariteitspryse

Pariteitspryse is ‘n konsep waarmee die meeste rolspelers in die

bedryf goed vertroud is. Daar word veral daarna verwys in jare waar

daar groot hoeveelhede van ‘n produk in- of uitgevoer moet word.

Tabel 1

toon die basiese berekening van die uitvoerpariteitsprys,

wat dien as internasionale indeksprys sodat Suid-Afrikaanse mielies

dieselfde relatiewe waarde as mielies in ander dele van die wêreld

kan hê.

Die verskillende komponente wat in hierdie berekening gebruik

word, sluit in die vry-aan-boord (v.a.b)-prys in die land van

oorsprong – dit dien as internasionale vergelykende prys, die Suid-

Afrikaanse kwaliteit en liggingspremie is nie rigied nie en kan wissel

(ongeveer $10/ton) – die wisselkoers, asook die plaaslike finan-

sieringskoste, hawehanteringskoste en die vervoerkoste om die

mielies vanaf die beginpunt tot op die skip in die hawe te kry. Die

kostes wat in die berekening gebruik word, is bereken met

Randfontein as verwysingspunt – wat ook dien as Safex-

verwysingspunt.

Tabel 1 toon dat die plaaslike v.a.b.-mielieprys in die Durbanse

hawe ongeveer R2 290/ton moet wees om dieselfde relatiewe

waarde as die Amerikaanse v.a.b.-mielieprys in die Amerikaanse

golf te hê, terwyl die v.a.b.-prys ongeveer R2 263/ton moet wees

om gelykstaande aan die Argentynse pryse te wees – gegewe die

huidige kostes en wisselkoers.

Dit beteken dat die Safex-prys met Randfontein as verwysings-

punt ongeveer R1 661/ton moet wees om dieselfde relatiewe waarde

te hê as Amerikaanse mielies in die hawe, terwyl die prys ongeveer

R1 633/ton moet wees om dieselfde waarde as die Argentynse

mielies in die hawe te hê – gegewe die vervoer, hanterings- en

finansieringskoste soos in Tabel 1 aangetoon.

Praktiese werking in die

internasionale konteks

In die praktyk sal daar gevind word dat die plaaslike pryse nie altyd

presies in lyn met die teoretiese pariteitspryse verhandel nie. Tog

vind daar steeds internasionale handel plaas – selfs al is die plaaslike

pryse bo of onder die berekende pariteitsprys.

In die gevalle waar die plaaslike pryse hoër as die pariteitsprys

verhandel, kan daar steeds uitvoere plaasvind, maar dit vind

gewoonlik teen ‘n stadiger tempo plaas as gevolg van die hoër

relatiewe waarde van die mielies gemeet teen die waarde daarvan in

ander dele van die wêreld.

Wanneer die pryse laer as hierdie berekende pryse is, vind uit-

voere gewoonlik teen ‘n vinniger tempo plaas en word daar groter

uitvoervolumes gerealiseer.

In praktyk sal die invoerland ‘n aankooptender uitsit om mielies aan

te koop via invoere – en dit kan van enige plek verkry word,

afhangende van waar die beste pryse gerealiseer kan word. Só

‘n tender staan bekend as ‘n tender vir ‘n opsionele oorsprong en

daarom word daar nie aanvanklik presies aangedui vanwaar die

mielies verkry sal word nie, maar word die markte eerder dopgehou

om te kyk waar die beste pryse verkry kan word.

Volgens die Internasionale Graanraad het Suid-Korea gedurende

November mielies vanaf ‘n opsionele oorsprong teen ‘n prys van

$187/ton aangekoop – wat die kostes om die mielies tot by die

bestemming te kry, insluit. Dit beteken dat Suid-Afrika kan kwalifi-

seer om mielies na Suid-Korea uit te voer indien die plaaslike

pryse tot onder hierdie vlakke daal en dit dus internasionaal

kompeterend is.

Die waardebepaling van mielies

in die internasionale konteks

Januarie 2018

16