

Desember 2014
34
Wes-Kaapse plaaspersoneel ontwikkelingsdag
motiveer produsente se regterhande
V
anjaar se weergawe van die jaarlikse plaaspersoneel ont-
wikkelingsdag, het op 2 September by twee afsonderlike
proefplase in die Wes-Kaap plaasgevind. Die eerste by-
eenkoms is die oggend by die Roodebloem-proefplaas
buite Caledon aangebied en die tweede byeenkoms, gedurende die
middag by die Sensako-proefplaas op Napier.
Die opkoms by hierdie twee sessies was baie goed en is deur
ongeveer 300 plaaswerkers van regoor die Wes-Kaap bygewoon. Die
doel van die dag is om plaaswerkers bymekaar te bring, opleiding te
gee, hul te motiveer en ook ‘n bietjie te bederf.
In werklikheid vorm hierdie mans en vroue die fondasie van die
graanbedryf en het ‘n astronomiese impak op die winsgewendheid
en volhoubaarheid van landboubesighede. Produsente kan nie
sonder hierdie werknemers boer nie.
Die hoofspreker van die dag was mnr Cobus Oosthuizen van
LifeXchange, wat ‘n praatjie gelewer het oor: “My potensiaal, ek
is beter as wat ek dink!” Sy interaktiewe voorlegging is baie goed
ontvang en het die gehoor van die begin tot einde geboei.
Oosthuizen het deur middel van verskeie praktiese metodes en op
‘n baie natuurlike, dog reguit manier, werkers gemotiveer om dieper
te dink, selfondersoek te doen en om hul potensiaal te besef en
uit te leef. Hy het werkers ook gemaan om beheer te neem oor hul
prioriteite, hul lewens en om na onafhanklikheid te streef.
Die tweede spreker, mnr Thomas Skietekat (van Saambou Boerdery
buite Heidelberg), ‘n plaaswerker en suksesvolle ontwikkelende
produsent, het aan werkers ‘n terugblik oor sy eie lewe gegee en
vertel wat hom motiveer. Hy het vertel dat hy ‘n bewys is van wat ‘n
mens met harde werk en deursettingsvermoë kan bereik.
Hy was jare gelede maar ‘n gemiddelde werker en grof om die rante,
maar hy het ‘n kopskuif gemaak om alles wat hy doen tot die beste
van sy vermoë te doen, in terme van sy werk en om na sy gesin
om te sien. Hy het vertel dat ‘n nuwe wêreld vir hom oopgegaan
het en dat hy nou ook ‘n baie spesiale verhouding met sy mentor,
mnr Neels Uys van Skeiding Boerdery, het. Hy het al so ver gevorder
om homself en sy sin van verantwoordelikheid te bewys, dat Uys
die vrymoedigheid het om vir Skietekat in beheer van sy hele boer-
dery te plaas wanneer hy soms vir lang periodes nie op die plaas
kan wees nie.
Verdere sprekers het ‘n afgevaardigde van die Departement van
Maatskaplike Ontwikkeling ingesluit, wat vir werkers meer vertel
het oor onderhoud en die regte van ‘n kind; waarna mnr Pierre Vlok
van BKB ‘n baie interessante praatjie oor wolbesoedeling gelewer
het. Hy het werkers gemaan om versigtig te wees wanneer wol
verwerk word en om veral attent te wees op werksaamhede rondom
die wolpres. Hy’t ook ‘n prentjie geskets rakende die nagevolge van
onsuiwerhede in wolbale, veral wol wat uitgevoer word.
Na afloop van hierdie interaktiewe voorleggings het werkers in twee
groepe verdeel om die demonstrasies by te woon. Die een groep
het die geleentheid gehad om proefpersele te besigtig en is meer
van verskillende kultivars, plantmetodes, onkruid en siektebeheer
vertel, terwyl die ander groep hoofsaaklik gesprekke gevoer het oor
die bestuur en gesondheid van vee.
Graan SA wil graag vir Overberg Agri en al die borge wat byge-
dra het om hierdie jaarlikse geleentheid moontlik te maak, hartlik
bedank en gelukwens met hierdie uitstekende inisiatief om plaas-
personeel bymekaar te bring om sodoende waarde tot hulle lewens
asook tot die bedryf te voeg. Graan SA sal graag wil deel bly van
hierdie pragtige byeenkoms.
AKTUEEL
LIANA STROEBEL,
ontwikkelingskoördineerder, Graan SA
1: Cobus Oosthuizen tydens sy voorlegging by
Sensako se proefplaas.
2: Thomas Skietekat deel sy ervaring.
3: Proewe by Sensako se proefplaas op Napier.
4: Plaaspersoneel by Roodebloem-proefplaas.
5: Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
verskaf inligting oor kinderonderhoud.
4
1
3
2
5