

Die enjin kan nou behoorlik belas word met gevolglike verbeterde
spesifieke brandstofverbruik. Van die moderne trekkers met gere-
kenariseerde ratkasbeheerstelsels doen hierdie aanpassings outo-
maties.
Wanneer die enjin behoorlik belas is, moet daar verder verseker
word dat die energie wat deur die enjin opgewek word, so doeltref-
fend as moontlik na die implement oorgedra word en hier is opti-
mum traksie van belang. Dit gebeur via die bande se greep op die
grond wat bepaal word deur wielglip, wat rolweerstand insluit.
Die regte banddruk en wielbelading speel ‘n groot rol om optimum
traksie se bewerkstellig en sal verskil van trekkergrootte asook
bandgrootte. Dit is belangrik om die aanbevelings van die trekker- of
bandevervaardiger te raadpleeg.
As ‘n trekker oor sagte grond beweeg, trap die trekker se
bande diep in die grond in, met ‘n gevolglike verdigting van grond
onder die trekker se wiele. Die glip van die wiele veroorsaak dat
gronddeeltjies onderling herrangskik word om sodoende die
grondstruktuur te versterk ten einde die verlangde skuifkrag wat
nodig is vir die trekkrag, te voorsien.
Rolweerstand verwys weer na die grond wat voor die wiele opge-
hoop is na die insakking. Die wiele loop dus heeltyd opdraand teen
die grondwal uit, wat ekstra energie-inset vereis.
Wielglip is nodig om veral in los grond trekkrag te kan ontwik-
kel. Te veel wielglip is egter ‘n vermorsing van energie en ook
brandstof. Indien wielglip te hoog is, kan dit ook rolweerstand
verhoog omdat die bande dieper spore trap en sodoende ook be-
skikbare enjindrywing vermors.
Op ferm grond word daar egter minder wielglip benodig en vind daar
ook minder rolweerstand plaas. Die resultaat is minder vermorsing
van energie en sodoende beter trekkrag.
Dit is belangrik dat die produsent, ten einde optimum werkverrig-
ting te verkry, moet bepaal wat die optimum wielglip is wat be-
nodig word. Dit beteken dat die optimum wielglip verkry word by die
optimum werkverrigtingspunt.
“
Maksimum spesifieke
brandstofdoeltreffendheid
word verkry wanneer ‘n enjin
baie na aan sy maksimum
wringkrag werk.
“