

Droogte
O God, U huil droë trane,
U gemoed is vol.
U oog is seer.
Teen U het ons geen verweer!
Ons kan nie opkyk,
U in die oog kyk.
Ons blik is in die as
en U oog stort geen traan!
Wanneer gaan U oog weer huil?
Gaan daar trane van blydskap wees?
Gaan die grond weer jubel?
Want die Aarde is ’n lag met ’n traan, o Heer!
– Dr Kobus Erasmus
Gereformeerde Kerk Volksrust en Ermelo
The decisions we make today are critical
in ensuring a safe and sustainable world for
everyone, both now and in the future…The next few
years are probably the most important in our history.
– Intergovernmental Panel On Climate Change (IPCC)
Special Report, 2018
“
“
DS KOOS KIRSTEN
WOORD
Uit die
J
are gelede toe ek nog nie op skool was nie, het my pa
eenkeer lande toe gestap en ek het saamgestap. Hy het
te vinnig gestap en ek het begin agter raak. Dit het my nie
baie gepla nie, want ek kon sy spore in die plaaspad sien. Ek
het toe probeer om in sy voetspore te trap.
Al het ek my treë gerek, kon ek dit nie regkry nie. Ek het my voete
agtermekaar in sy spoor gesit, maar my voete was te klein om selfs
agtermekaar sy spoor vol te maak. Dit was vir my ’n lekker speletjie
so in die plaaspad. Toe my pa terugkom, het ek weer saam met hom
huis toe gestap. Hierdie keer het hy stadig genoeg gestap dat ek
kon byhou.
Dit laat my altyd dink aan wat die Here in 2 Samuel 5: 22 - 25 gesê
het. Die Filistyne het teen Israel opgetrek en Dawid het vir die Here
gevra wat hy moet doen. Die Here het vir Dawid gesê dat hy en sy
manne agter die Filistyne verby moet trek en tussen die balsembos-
se moet wegkruip. As hy dan die geluid van voetstappe hoor, moet
hy gou maak, want die Here trek voor hom uit om die Filistyne te
verslaan. Dawid het toe so gemaak en ’n groot oorwinning behaal.
Ons het nou weer ’n nuwe jaar binne gegaan – ’n jaar vol uitdagings
en probleme. Net soos Dawid moet ons ook altyd luister om die
voetstappe van Christus te hoor en dit te volg. In 1 Petrus 2:21 lees
ons dat ons sy voetstappe en die voorbeeld wat Hy vir ons nagelaat
het, moet volg. As ons dit doen sal ons groot oorwinnings oor ons
aartsvyand, die duiwel én die sonde behaal. Deur te luister en te
doen wat Hy van ons vra, sal ons deur die krag van die Gees kan leef
soos Hy wil hê ons moet leef.
Die voetstappe van ons Here Jesus Christus is net in sy Woord te
hoor. Op geen ander plek of manier sal ons dit hoor nie. Daarom
mag ons Bybels nooit toe bly nie. Ook in hierdie nuwe jaar sal ons
koers en rigting kan hou as ons na sy voetstappe luister. Maak oop
jou Bybel en luister mooi om te hoor waarheen die Here jou hierdie
jaar wil lei.
Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:
estie@infoworks.biz
083 490 9449
KANTLYN
Op die
7
January 2019
SA Graan/Grain
ook
op
digitale
rak
te vind
S
A Graan/Grain
is vanaf Oktober verlede jaar vir lesers
gratis beskikbaar op die Joomag aanlyn-nuusplatform.
Die tydskrif kan aanlyn daar gelees word of lesers kan
gratis daarop inteken en maandeliks
’
n e-posherinnering
ontvang sodra die tydskrif beskikbaar is.
Hoe werk dit?
Joomag is
’
n digitale publikasieplatform of elektroniese nuus-
stalletjie waarop verskeie publikasies beskikbaar is. Gaan na
https://www.joomag.com/
. Teken aan. Kies “Newsstand” bo-aan.
Gebruik die soekfunksie en tik
SA Grain
in. Kliek daarna op die
uitgawe wat jy wil lees.
Lesers wat verkies om
SA Graan/Grain
maandeliks outomaties
(en gratis) per e-pos te ontvang, kan eenvoudig die inteken-
skakel (
subscribe
) kies. In reaksie op die intekening sal Joomag
jou per e-pos in kennis stel met die verskyning van elke nuwe
uitgawe van
SA Graan/Grain
.
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur,
SA Graan/Grain